Twee plaaslike jong boere sit skouer aan die wiel

Twee plaaslike jong boere sit skouer aan die wiel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Twee jong boere van ons omgewing, Rynhardt Koekemoer van Pearly Beach en Francois de Wet van Baardskeerdersbos, het die afgelope week die moordende Bergrivier aangepak ten bate van CHOC (Childhood Cancer Foundation).

Die fondsinsamelingsprojek het in die Paarl begin vanwaar van die deelnemers by die Markstraatbrug weggespring het. Die vaart het in Veldrif ten einde geloop. Orals langs die pad is daar by weldoeners aangedoen en saans is veilings gehou om broodnodige fondse te bekom om kinders, wat met kanker gediagnoseer is, en hulle ouers by te staan.

Die deelnemers het by talle skole langs die rivier aangedoen om leerders oor ‘n gesonde leefstyl en gevare van die gevreesde siekte in te lig. Rynhardt en Francois het reeds verskeie kere die Trans Agulhas wedvaart voltooi en hulle het besluit om hulle vaardigheid in te span tot voordeel van ‘n welverdiende saak. Die geld wat die span hierdie jaar ingesamel het, gaan aangewend word om veral huisvesting aan gesinne wie se kinders na Tygerberg hospitaal vir kankerbehandeling moet gaan, te bied. “Mens besef nooit die finansiële impak op ‘n gesin indien behandeling vir ‘n pasiënt benodig word nie. Nie net moet die ouers noodwendig van die werk wegbly om die kleinding by te staan nie, onkostes tydens hospitalisasie is enorm hoog, om nie eers van die traumatiese effek te praat nie,” sê Rynhardt. “Ons kry swaar vir 3 dae terwyl ons op die rivier is.

Dit is harde werk en die water baie koud, maar ‘n kind met kanker se lyding is veel erger. Daarom het ons besluit om ons gewig agter die fondsinsameling in te gooi.” Die span het ‘n reuse bedrag van R690,000.00 ingesamel en die geld is reeds aan CHOC oorbetaal, wat die fondse sal aanwend om nood te verlig. Wild TV Africa het ‘n span saamgestuur om die tog op die water mee te maak en die organiseerders vertrou dat van die beeldmateriaal eersdaags op Supersport te sien sal wees.

Twee plaaslike jong boere sit skouer aan die wiel

vir kinders met kanker

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles