Die proses van Fotoverwerking

Die proses van Fotoverwerking

Gansbaai Courant

Ondanks beurtkrag om 20:00 die aand, het Gansbaai Fotografieklub ‘n suksesvolle byeenkoms gehad. Voorsitter Riaan Jacobs het almal verwelkom. Daarna het Marc du Plessis kortliks aan die lede verduidelik hoe om self foto’s op die klub se webtuiste te plaas.

Die gasspreker, klublid Hugh-Daniel Grobler is aan die woord gestel.

Die tema van sy interessante aanbieding was sy persoonlike proses van fotover-werking (“Photo Editing”). Hy het eers van sy uitstekende see- en landskaps-tonele vertoon en na vele “moets en moenies” verwys wanneer die fotograaf op sodanige tonele fokus. “Die proses van fotoverwerking waarna ons nou gaan kyk, is my persoonlike voorkeure en kan van fotograaf na fotograaf verskil,” het hy gesê.

Hugh-Daniel het onder andere die volgende onderwerpe en prosesse verduidelik: Basiese inligting waarom sekere fotos verwerking nodig het; ‘n Bespreking van Raw versus JPEG en die voor- en nadele daarvan; Die basiese verwerking van RAW “files”, waarom dit nodig is en wat die voordele daarvan is; ‘n Inleiding tot digitale “blending” van foto’s om gebalanseerde foto’s te kry; Kontras- en kleurverwerking; Die “skerpmaak” van foto’s vir sekere aanwendings soos ‘n webblad of vir drukwerk.

Naas vele puik fotografie-prestasies en -toekennings wat hy al ontvang het, beskou hy die volgende toekennings as sy persoonlike hoogtepunte: Die Weg Tydskrif se Foto van die Jaar Kompetise in 2012, met ‘n foto van ‘n swaeltjie wat die kleintjies in vlug voer; Sy aanwysing as wenner in die gesogte Buite (Die Burger) en Cape Union Mart se Natuurfotokompetisie, met ‘n foto van ‘n brander by die Plaat; In 2014 is hy gekies as ambassadeur vir Sigma South Africa en het werk vir Africa Geographic gedoen; In 2014 is hy as een van die Top 10 Landskapfotograwe in Suid-Afrika aangewys.

Voorwaar ‘n klublid om trots op te wees.

Navrae rakende die klub kan aan Riaan Jacobs (voorsitter) by 082-373-8270 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by aejacobs@telkomsa.net.

Besoek gerus Gansbaai Fotografieklub se interessante webtuiste, www.gansbaaiphotographyclub.co.za.              

Hardus Botha

Die proses van Fotoverwerking

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles