Die proses van Fotoverwerking

Die proses van Fotoverwerking

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ondanks beurtkrag om 20:00 die aand, het Gansbaai Fotografieklub ‘n suksesvolle byeenkoms gehad. Voorsitter Riaan Jacobs het almal verwelkom. Daarna het Marc du Plessis kortliks aan die lede verduidelik hoe om self foto’s op die klub se webtuiste te plaas.

Die gasspreker, klublid Hugh-Daniel Grobler is aan die woord gestel.

Die tema van sy interessante aanbieding was sy persoonlike proses van fotover-werking (“Photo Editing”). Hy het eers van sy uitstekende see- en landskaps-tonele vertoon en na vele “moets en moenies” verwys wanneer die fotograaf op sodanige tonele fokus. “Die proses van fotoverwerking waarna ons nou gaan kyk, is my persoonlike voorkeure en kan van fotograaf na fotograaf verskil,” het hy gesê.

Hugh-Daniel het onder andere die volgende onderwerpe en prosesse verduidelik: Basiese inligting waarom sekere fotos verwerking nodig het; ‘n Bespreking van Raw versus JPEG en die voor- en nadele daarvan; Die basiese verwerking van RAW “files”, waarom dit nodig is en wat die voordele daarvan is; ‘n Inleiding tot digitale “blending” van foto’s om gebalanseerde foto’s te kry; Kontras- en kleurverwerking; Die “skerpmaak” van foto’s vir sekere aanwendings soos ‘n webblad of vir drukwerk.

Naas vele puik fotografie-prestasies en -toekennings wat hy al ontvang het, beskou hy die volgende toekennings as sy persoonlike hoogtepunte: Die Weg Tydskrif se Foto van die Jaar Kompetise in 2012, met ‘n foto van ‘n swaeltjie wat die kleintjies in vlug voer; Sy aanwysing as wenner in die gesogte Buite (Die Burger) en Cape Union Mart se Natuurfotokompetisie, met ‘n foto van ‘n brander by die Plaat; In 2014 is hy gekies as ambassadeur vir Sigma South Africa en het werk vir Africa Geographic gedoen; In 2014 is hy as een van die Top 10 Landskapfotograwe in Suid-Afrika aangewys.

Voorwaar ‘n klublid om trots op te wees.

Navrae rakende die klub kan aan Riaan Jacobs (voorsitter) by 082-373-8270 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by aejacobs@telkomsa.net.

Besoek gerus Gansbaai Fotografieklub se interessante webtuiste, www.gansbaaiphotographyclub.co.za.              

Hardus Botha

Die proses van Fotoverwerking

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles