60ste Huweliksjaar

60ste Huweliksjaar

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die belangrikste wat ons oor soveel jare heen gebind het, was ons liefde vir mekaar en om mekaar te bederf, maar veral ook wedersydse ondersteuning in voor- en teenspoed en ons het alles altyd saam gedoen,” vertel SP van Blerk (88) van Franskraal. Hy en sy eggenote, Frieda (82) is 60 jaar gelede op 6 Augustus 1955 in ‘n Duitse Kerk in Langstraat, Kaapstad in die huwelik bevestig.

Die egpaar het geen kinders nie, maar sê dat dit ‘n saak is waarmee hulle jare gelede al vrede gemaak het. SP is op 20 Desember 1926 in Malmesbury gebore, maar is op 12-jarige ouderdom saam met sy ouers na die Paarl. In sy beroepslewe was hy saam met Jan Pickard in die drankbedryf. SP is baie trots op sy spesiale toekenning, ‘n “Leadership Award” wat hy op 25 Oktober 2006 van die Pickard Group ontvang het.

Frieda is op 1 Augustus 1933 in Kaapstad gebore en bekwaam haarself later as ‘n onderwyseres aan CPUT se Mowbray Kampus, maar word later die eienaar van ‘n Bloemistewinkel in die Paarl. In 1986 tree SP af en die egpaar verhuis permanent na Franskraal, waar hulle etlike jare vantevore ‘n vakansiehuis in 1971 gebou het. “Ons het die erf kort voor ‘Daan Desimaal’ se tyd vir £450 gekoop,” sê SP.

Spesiale vriende het ‘n gesellige funksie op 1 Augustus (Frieda se verjaardag) vir hul huweliksherdenking te Uijlenes gereël, waar daar sommer heerlik saamgekuier is. Die egpaar het reeds na Golden Harvest in Sandbaai verhuis, maar kom kuier nog gereeld in hulle huis in Franskraal.

Hardus Botha

60ste Huweliksjaar

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles