Stanford Hills se Wyne

Stanford Hills se Wyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde se onlangse byeenkoms in die gewilde Great White House was weer ‘n wenner en is uitstekend bygewoon. Die knap aanbieder was Peter Kastner van Stanford Hills Estate - sommer net om die draai van Gansbaai af en hy is deur sy eggenote, Jami vergesel. Peter se wyne is deurgaans met ‘n baie sterk silwer deur die lede en gaste beoordeel, met drie wat goue toekennings ontvang het. Peter staan dus nie verniet bekend as “Piet Pinotage” nie.

Die wyne wat te proe aangebied is, is Rosé (2015), Sauvignon Blanc (2014), Veldfire (2014), Jacksons Pinotage (2013), Shiraz (2012) en ‘n Pinotage Grappa as “nagereg”. Laasgenoemde is as ‘n sagte Grappa beskryf (met ‘n alkoholinhoud van 43%) - pure witblits.

Die “Veldfire” is ‘n uitstekende versnit van Shiraz en Pinotage. Op die vraag van hoe lank wyn stil behoort te lê, het Peter met die tong in die kies geantwoord: “Die langste wat ‘n mens wyn moet laat stil lê is op die motor se agtersitplek vanaf die bottelstoor tot by die huis!” Peter vertel dat hy letterlik in die diep kant ingegooi is. Hy is in Monrovia in Wes-Afrika gebore en het aanvanklik Hotelbestuur in Oostenryk studeer, maar besluit dit is nie vir hom nie. 

Daarna is hy na Hermanus en uiteindelik op 1 April 2005 na Stanford Hills, waar hy ernstig vanaf voedsel na wynbou oorgeskakel het. Stanford Hills Estate op die walle van die Kleinrivier is ‘n ware gesins-kuierplek met ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat vir ontspanning aangebied word. Hulle gewilde restaurant het sitplek vir sowat 80 mense, terwyl hulle netjiese akkommodasie geriewe vir sowat 34 mense het. Chef Derek Lowe van die Great White House het hom goed van sy taak gekwyt: Stuffed Chicken Thigh met velerlei lekkernye en groente, asook ‘n smaaklike nagereg met room daarna.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Stanford Hills se Wyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles