Geniet die reis! God is in beheer!

Geniet die reis! God is in beheer!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou GOD wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan.” (Jes. 48:17)

Raak jy nie soms ook moeg in jou pogings om GOD te help om jou te kry waar jy gedink het jy moet wees nie? Jy is só bekommerd oor wat nog alles kan verkeerd loop dat jy lankal nie meer jou lewensreis geniet nie. Geen wonder die mens van ons dag is só lewensmoeg nie!

Onthou jy nog die dae toe jy as kind sommer net in die motor geklim het as julle iewers heen gery het? Dalk was dit vir ’n lekker vakansie. Pa en ma het alles gereël en al die kos en klere ingepak. Ja, dalk moes jy sorg vir jou eie tas maar ma het altyd kom seker maak jy het alles in jou tas gepak wat jy moes. Die feit is dat die belangrikste dinge deur pa en ma gereël is. Die motor was vol brandstof, die bande gepomp en die reisplan is presies uitgewerk. Jy as kind moes net inklim en saamry om die lekkerte geniet!

Wel, ek glo dat GOD ook dieselfde doen as hemelse Pa. Hy is in beheer van ons lewensreis en Hy weet waarheen ons op pad is. Ons is Sy kinders en ons moet net in die motor spring. Hy bestuur en Hy sal ons veilig na ons bestemming lei. Ek en jy sit op die agterste sitplek terwyl Hy as Pa die motor bestuur. Moet asseblief nie probeer om Hom voor te skryf hoe Hy moet ry of watter pad Hy moet kies nie! Jy sou dit tog nie as kind teenoor jou pa of ma gedoen het nie. Geniet jou voorreg as kind om net te mag saamry.

Ek het geleer dat hoe meer ek aan GOD oorgee en toelaat dat Hy in beheer bly, hoe meer geniet ek elke dag dit wat ek doen. Leer om Hom meer en meer te loof vir alles wat op jou pad gebeur, al is dit nie altyd vir jou verstaanbaar nie. Hy is die Almagtige GOD met ontsagwekkende krag en wysheid. Hy wil jou soms nuwe dinge leer en nuwe plekke wys.  “GOD is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat GOD jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?” (Rom 2:4) Ja, bely weer vir ’n slag jou afhanklikheid van Hom wat jou lewe bestuur. Sê vir GOD dankie vir waar jy bly, watter werk jy kan doen en wat met jou gebeur. Geniet die mooi van die natuur om jou, die voorreg van jou gesondheid en die mense wat GOD op jou pad bring.

Hierdie is jou lewensreis, jong! Geniet dit! GOD is in beheer! Hy hou die stuurwiel vas!

Geniet die reis! God is in beheer!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles