HaS Wintersport

Gansbaai Goue Hande se jaarlikse Wintersport vir Herberg-aan-See se in-woners beteken net een ding: Groot pret en lag dat die trane loop!

Die byeenkoms is met ‘n lagsessie begin waar daar “oor niks” gelag is dat die trane rol! Enkele sportitems wat aangebied is: Musikale balonne; Rol tennisballe deur 2 gate in ‘n kartondoos; Knip meeste wasgoedpennetjies aan ‘n tou of die rand van ‘n kartondoos; Gooi “ping-pong” balletjies in ‘n bakkie.

Dan die kersie op die koek met hulle “Stok-in-Toiletrol”, waar een span ‘n stok tussen die bene vasknyp en die ander span ‘n toiletrol - met die stokke wat in die toiletrolle ingesteek moet word! Die personeel het ‘n dansitem gelewer, met hulle en Goue Hande se dames wat ook gewedywer het met die aangee van balonne oor die kop en tussen die bene deur. Die Houe Hande het glo Los Hande gewen.

Gansbaai Superspar het ‘n Word Game aan die inwoners geskenk, wat deur Leana Nash aan Suster Linda Meyer oorhandig is.

(Foto’s: Ute de Milander)

Hardus Botha

Gansbaai HaS Wintersport 1
Gansbaai HaS Wintersport 2
Gansbaai HaS Wintersport 3
Gansbaai HaS Wintersport 4
Gansbaai HaS Wintersport 5
Gansbaai HaS Wintersport 6
Gansbaai HaS Wintersport 7
Gansbaai HaS Wintersport 8
Gansbaai HaS Wintersport 9
Gansbaai HaS Wintersport 10
Gansbaai HaS Wintersport 11
Gansbaai HaS Wintersport Collage_1