Gansbaai Primêr se landloopatlete het goed gevaar tydens die Boland Kampioenskappe op Saterdag, 25 Julie 2015 te Stellenbosch.
Hierdie knap landlopers, met hul uitslae in hul onderskeie ouderdomsgroepe vermeld, is: Edward Goliath (o/14) - 1ste; Vasti Pietersen (o/10) - 2de; German Lewis (o/13) - 4de. Edward is ook die eerste LSEN-atleet wat aan so ‘n byeenkoms deelgeneem het.
Die atlete is opgewonde oor die moontlikheid om later vanjaar aan die SA Kampioenskappe deel te neem. Die landlopers se afrigter is Corrie Avenant en hulle koördineerder is Marieta Rademeyer.
Hardus Botha