Gholfnuus (6 August 2015)

Woensdag 29 Julie - Sloegters

1) R Roux 36, 2) S Muller 33, 3) G Hunt 33, 4) D de Kock 30

R Roux wen 2 naaste aan die penne.

Vrydag 31 Julie - Hoender

Hierdie week was daar 4 malles wat gespeel het!

G Hunt het die OK-prys gewen met 16 punte (Dankie aan OK vir julle ondersteuning!)

gevolg deur S Neethling, L Hattingh en V Hunt.

V Hunt was die naaste aan die pen!

Vrydagaand se steak-braai was weer eens heerlik, danksy Hubert van Prime Cuts Meats se lekker steaks, en Margie en Stella se slaaie!

Melt Knox het die R1000.00 gewen met die lede-trekking!

Saterdag 1 Augustus - Gekombineerde Stableford

1) R Lambrechts en L Smith 73, 2) L Hattingh en D de Kock 68, 3) S Muller en B Swarft 68, 4) D v Dyk en A Roos 67

D de Kock en S Wessels behaal 'n spog 2's.

Naaste aan die penne word gewen deur S Wessels, R Lambrechts en S Muller.

Groetnis, André Roos

GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441
                              Fax: 028 384 1225

E-mail: gbgholf@gmail.com

GholfKlub 4_150x_crop_100_1