Die opwinding van hengel

Die opwinding van hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die visvangs was alles behalwe wonderlik gedurende die afgelope naweek. Die snoek is met vakansie en min ander vis is gevang. Daar is wel by uitsondering vis soos hotties, silwervis en roman ingebring maar daarvoor is hard gewerk en bowendien moes jy diep ingaan en redelik rowwe water trotseer. Daar is manne wat niks gekry het nie. Hoop darem dat toestande en natuurlik vangste sal verbeter.

Baie van ons het al vis gevang wat ons op foto’s verewig het en sal ressorteer onder “groot “ visse. Min sal egter kan roem op byvoorbeeld kabeljou wat sal grens aan “honderdponders”, maar tog is visse soos geelbek en kabeljou van so 9, 10 kilogram nie te versmaai nie.Waarom nou hierdie vergelykings? Wel, watter klas vis jy ookal gevang het (beide vanaf ‘n boot of vanaf die kant), ons is mos altyd op die uitkyk vir iets groter en dit is waaroor hengel gaan. Tyd om bietjie perspektief te kry  _  watter tipe vis het jy al gevang? Ons praat nou van groottes (en onthou om spesies in gedagte te hou).

Indien dit nie so is dat jy altyd groter wil gaan nie, sal die gebrek aan uitdaging sekerlik sorg dat die opwinding nie genoegsaam is nie.  Indien jy ‘n bedrewe hengelaar is sal jou kanse altyd beter wees as die beginner, maar enigeen wat eerlik is sal erken dat geluk wel ‘n groot rol speel. Hengel, visvqang, noem dit wat jy wil, dit sorg dat die ware hengelaar se belangstelling nooit sal kwyn nie

Iemand het die  naweek juis vertel van die klomp vis wat hy die laaste tyd gevang het en waarop hy juis so trots is, maar, die grootte is die probleem. Mooi visse ja, maar nie gróót nie. Hierdie jong outjie het langs hom kom staan en hengel. Met sy eerste gooislag tref die geluk hom en hy trek ‘n bielie van ‘n kabeljou uit. Sy eerste gooi! Die outjie is natuurlik heel tyd verseker van hoe hy darem “ken van”. Maar in werklikheid was dit soort van onverstaanbaar. So ‘n jong laaitie, maar sy eerste gooi! Maar dan kan dit mos met jou ook gebeur.

Dis  mos wat so lekker is, ons sal nooit ophou nie.

Groete, Seemeeu

Die opwinding van hengel

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles