Vangstes min maar darem

Vangstes min maar darem

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Enkele hengelaars van die Birkenhead Boothengelklub het op Saterdag, 1 Augustus 2015 ‘n slag geslaan, maar met ander het dit minder goed gegaan. Jan le Roux van JLR Associates (Architecture - Town Planning) het die kompetisie geborg.

Net 4 bote het ingeskryf en ingeweeg, met ‘n totale bemanning van 15 wat deelgeneem het, waarby 1 dame en 2 juniors ingesluit was. 7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 54 met 'n totale massa van 43.3kg, wat ‘n gemiddeld van 2.89kg per hengelaar beteken.

Die klub se 2 juniors het etlike “gesoute” manne gewys waar Dawid die wortels uitgegrawe het.

Volledige uitslae is soos volg (met enkele interessante verskuiwings sedert die vorige kompetisie):

swaarste vis, Salmon Herselman (Rooi roman - 2.55kg);
2de swaarste vis, JP Uys (Jnr) (Rooi Stomp - 2.15kg);

swaarste sak (9.15kg), Salmon Herselman;
2de swaarste sak (4.85kg), JP Uys (Jnr);

swaarste bootgemiddeld (5.7kg), Laura 2 van Raymond Rabe;
2de swaarste bootgemiddeld (4.07kg), Nu-Nu van Johan Burmeister;

Dame Swaarste sak (0.80kg), Dixie Walsh;
Junior Swaarste sak (4.85kg), JP Uys (Jnr).

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is:

Bootkampioene
Nu-Nu van Johan Burmeister (39.03kg)
Oupa van Ben Uys (27.59kg)
Relêks 2 van Jean Downing (26.06kg)

Mans Visvangkampioene
Philip Fourie (40.75kg),
Johan Burmeister (39.70kg), Ben Uys (31.75kg);

Dame Visvangkampioen
Dixie Walsh (17.8kg)

Junior Visvangkampioene 
JP Uys (29.35kg), Hennie Groenewald (20.95kg)

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 September 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige Lentedans en aandfunksie die aand.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Vangstes min maar darem

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles