Groen & Goud vir Mauritz

Groen & Goud vir Mauritz

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Mauritz du Plessis, bekende vlieënier van Gansbaai, was een van 4 Springbokke (Proteas) wat aan vanjaar se Wêreld Presisie Vlieg Kampioenskap gedurende 20-25 Julie 2015 in Denemarke deelgeneem het.

75 vlieëniers het 19 lande tydens die kompetisie verteenwoordig. Mauritz het 33ste uit die 75 vlieëniers in die landingsafdeling geëindig, wat ‘n baie goeie prestasie vir hom is. Tydens een van die landings het hy ‘n fout van slegs 2 sekondes gemaak, anders het hy 9de geëindig.

‘n Fransman was die Algehele Wenner, met Poland wat die Algehele Spanprys gewen het. Suid-Afrika het 10de algeheel geëindig en 5de in die landingsafdeling. Daar was ook 4 Internasionale beoordelaars vanuit Suid-Afrika teenwoordig. Mauritz het sy Springbokkleure as vlieënier gedurende Februarie vanjaar tydens die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Presisie vlieg te Brits verwerf.

(Die HAT beskryf “presisie” as “korrektheid in die uiterste graad”) Die Wêreld Presisie Vlieg Kampioenskap word elke tweede jaar in ‘n ander land aangebied en bestaan uit 2 bene: navigasie- en observeringvlieg (3 dae) en landings (1 dag).  

“Die vlieëniers is alleen in die vliegtuig, wat beteken die vliegwerk, navigasie, kaartlees en observering moet alles op eie houtjie gedoen word en die hele navigasie-roete moet letterlik op die sekonde uitgevoer word,” vertel Mauritz. “Dit verg dus hoë konsentrasie en vliegvernuf ten einde die roete te voltooi en is baie spanningsvol, maar die satisfaksie wanneer ons al die draaipunte gevind het, asook die foto’s en grondmerkers gekry het, is onbeskryflik!” Die navigasie-afdeling begin met ‘n teoretiese eksamen waar die roete beplan moet word met ‘n maksimum van 8 draaipunte en 18 foto’s en grondmerkers wat op die roete gevind en korrek geïdentifiseer moet word. Dit moet ook op die vliegkaart aangedui word. Die vlieënier het na opstyging 7 minute om die beginpunt te vind en seker te maak om op die gegewe tyd daaroor te vlieg. Denemarke is ‘n moeilike, plat gebied sonder berge of koppies met baie woude en fjords (water) waaroor gevlieg word en wat die identifisering van grondmerkers en foto’s bemoeilik. Op van die roetes het hulle soms tot 5 minute net oor water gevlieg wat hulle navigasie en tydsberekeninge nog moeiliker gemaak het.

Die landings-afdeling bestaan uit 4 landings per vlieënier, waarvan 2 landings sonder die vliegtuig se werkende enjin is en die vlieënier moet sy vliegtuig dus soos ‘n “sweefvliegtuig” inbring om te land. Die doel van die landings is om op ‘n 1 meter streep op die aanloopbaan te land en strafpunte word toegeken as jy voor of na die streep land. Presisie-vlieg klink beslis nie na kinderspeletjies nie.

Hardus Botha

Groen & Goud vir Mauritz

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles