Academia Mariene Wetenskapklub

Two Oceans Aquarium het met ‘n interessante Marine Science Club Project vir Gr 9 leerders in die Overberg begin, waarby Gansbaai Academia voluit ingeskakel het.

Die projekleier is Russell Stevens, Hoof van Opleiding: Omgewingsopleidingsentrum. Tussen Julie en Desember vanjaar sal 15 namiddag sessies deur Two Oceans Aquarium by die skool aangebied word.

Objectives:
To provide motivation for Gr 9 students to select Maths and Physical Sciences as preferred subjects for their Gr 10 - Gr12 subject choices; To encourage and motivate students to improve their Maths, Natural Science and Geography Scores on their December 2015 report cards; To introduce the possibility of Marine Sciences as a Subject to Gansbaai Academia and Hawston Secondary School and promote it as a desirable subject choice; To involve Gr 9 students in enjoyable hands-on experiences of Marine Sciences aiming to inspire their future interest and involvement.

Die projek is bykans ten volle prakties van aard en op hierdie stadium blyk dit dat die leerders dit terdeë geniet en baie daardeur leer. “Die leerders is in die bevoorregte posissie om hier by die see te bly sonder om werklik daarvan te leer,” sê Russell. “Nou is borgskappe bekom om hulle te inspireer en veral praktiese opleiding aan hulle te verskaf van dit wat hulle elke dag rondom hulle sien.”

Russell doen ook ‘n ernstige beroep op inwoners met wiskunde- en wetenskapsondervinding om hulself beskikbaar te stel om hierdie leerders op Woensdagmiddae te kom bystaan en te help.

Die skool kan by 028-384-2370 in hierdie verband geskakel word.  

Hardus Botha

Russell Stevens
Gansbaai Academia Mariene Wetenskapklub 2