Gansbaai Primêr het onlangs ‘n uitstekende uitstalling in die skool se saal uiteengesit. Die doel daarvan was om gehoor te gee aan die oproep vir ‘n Wiskunde- en Wetenskapweek.
Vele moeite is gedoen om leerders se aandag met fassinerende demonstrasies en modelle vas te vang.
Selfs die skoolhoof, Tommy Volkwyn, is in sy kantoor gekry waar hy net so hard besig was “om te speel” met modelle wat hy ewe trots voorberei het. Alle relevante aspekte van wiskundige en wetenskaplike teorieë is op ‘n leersame en praktiese wyse in modelle uiteengesit en aan die leerders verduidelik.
Tydens Gansbaai Courant se besoek aan die skool, was dit Gr 4 leerders se beurt om na alles te kyk en na Naiela Korkie (onderwyseres) en een van die tweedejaars-studente van CPUT se Wellington-kampus, Bianca Germishuizen se verduidelikings te luister.
Hardus Botha