Ruik Jy Dit Ook?

Ruik Jy Dit Ook?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Maar aan GOD die dank! Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos 'n aangename geur.” (2Kor 2:14) 

Vir die afgelope vier jaar wat ons op Gansbaai woonagtig is, het verskeie vriende en familie ons al besoek. Almal is in verwondering oor die mooi omgewing en kan nie daaroor uitgepraat raak nie. Die verskillend winde wat ons hier ervaar is vir hulle ’n bietjie moeiliker om te aanvaar – totdat ons aan hulle verduidelik dat hulle dankbaar moet wees vir die reën wat hulle in die res van die land kry – ons winde bring dit vir hulle! Maar die één ding wat baie min mense kan verwerk, selfs dié wat al lank hier woon, is die reuk wat van die visfabriek oor die dorp waai. Inwoners sê mos dis hoe geld ruik! Miskien sal ’n mens tog daaraan gewoond raak.

Aan die ander kant kry jy geure wat darem baie aangenaam is! Die geur van ’n vrou wat verby jou loop met ’n baie goeie parfuum – ai man! Of die lugverfrisser wat jy in jou huis spuit om alles soos ’n blomtuin te laat ruik! Kan ek ooit die vars geur van babapoeier vergeet as ek my kinders gebad en aangetrek het!

Tog is daar één geur wat vir GOD baie spesiaal is. Dis wanneer ons as Sy kinders met ons lewens en ons optrede van Jesus se liefde getuig! Hoe anders? As ons eenmaal deur die Heilige Gees aangeraak word en tot geloof in Jesus kom, ja, as ons werklik soos die vers hierbo in 2 Korintiërs 2:14 aandui: “een is met Christus” – dan kan ons nie anders as om Sy liefde soos ’n aangename geur te versprei nie! Die oomblik as jy ’n lugverfrisser druk, versprei daardie fyn geurdruppels die hele vertrek – en is dit vir almal wat daar instap ’n aangename ondervinding.

My vraag aan jou is nou: Wat ruik die mense as hulle met jou in aanraking kom? Wil hulle langer in jou geselskap bly, of vlug hulle sommer baie gou weg? Want jy sien, my broer of suster in die HERE Jesus Christus, jou hooftaak hier op aarde is nie om jouself te verryk en te laat goed ruik nie, maar om die vertrek of plek waar jy woon en werk, met ’n aangename geur te vervul. Dis hoe GOD se genade en liefde in die wêreld versprei – deur jou en my! Jesus het vir ons duidelik kom wys dat Hy Sy geur orals aan alle mense versprei het. In Sy geselskap was die armes en die verstotenes, die sondaars en die prostitute almal welkom. Want Hy het geweet dat die geur wat Hy versprei in hulle lewens ’n verskil kan maak. Netso moet jou manier van lewe, jou liefde vir jou naaste (én verste!) die geur van Jesus versprei!

Jy moet nooit ophou praat oor die liefde van Jesus nie – versprei jou geur! GOD wil jou ruik! “Julle gawe is voor GOD 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.”  (Ef. 4:18)

Ruik Jy Dit Ook?

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles