Birkenheaders se Indiese Ete

Birkenheaders se Indiese Ete

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die tema van die Birkenhead Boothengelklub se onlangse aandfunksie was “Indies”, met Indiese geregte vanuit die boonste rakke. Steve en Margi Muller was die verantwoordelike klublede wat aan die spits van die reëlings gestaan het en Margi het seker gemaak die ete verloop “eg-Indies”.

Margi, met ‘n Indiese “kolletjie” op haar voorkop, het ook vir ‘n verrassing gesorg. Kolletjies is onder een stoel by elke tafel geplak en daardie sittendes het elk ‘n prys ontvang. Hulle is Ria van der Merwe, Leahndie van Wyk, Regina Louw en Jean Downing. Geluktrekkings was ook weer aan die orde van die dag, met Pop Malan en At Roux wat die gelukkige wenners van ‘n bottel wyn was. Dit was ook Steve se verjaardag en Margi het spesiaal “Sweef soos ‘n Arend” deur Raymond Rabe se Musiekfabriek laat speel waarop hulle gedans het - dit was ook die egpaar se huwelikslied op hul troudag.

Voorsitter Philip Fourie het tydens die opening ook hulde gebring aan Andries Carstens, ‘n getroue boothengel-klublid met sy afsterwe. Tydens en na afloop van die ete is daar net gesellig saamgekuier en op maat van Raymond Rabe se Musiekfabriek gedans. (Gelukkig het Margi nie vir Indiese danspassies gereël nie!) Die dag se kompetisie is deur Jan le Roux van JLR Associates (Architecture - Town Planning) geborg. Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 September 2015 geskeduleer, met ‘n gesellige Lentedans en aandfunksie die aand.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae Johan Burmeister by 082-895-7647.

Hardus Botha

Birkenheaders se Indiese Ete

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles