Randall betower dames

Randall betower dames

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ondanks ernstige gesondheidsprobleme het Randall Wicomb die dames (en here) tydens verlede Saterdag se Vrouediens-byeenkoms met sy sang betower. Die NGK se Vrouediens-aksie, onder leiding van Elcine Hulme, het ‘n gesellige oggend saam met Randall gereël.

Die onderskeie gasvrouens het seker gemaak die tafels vertoon sprokiesmooi, met geskenkies, versierings en ‘n smaaklike ete wat ingesluit was. “Dit is die eerste keer wat ek in ‘n saal optree waar daar soveel moeite met die versiering van tafels gedoen is en dit lyk verruklik mooi,” was Randall se opmerking toe hy met sy optrede begin het. Hy het sy optrede interessant beplan en dit met ‘n samevatting van sy sangloopbaan oor jare heen aangebied - met liedjies uit verskeie eras. Voor elke liedjie het hy die geskiedenis daaragter vertel van wat alles agter die skerms aangaan alvorens ‘n liedjie vir opname gereed is.

Die applous wat hy na elke liedjie ontvang het, het van gewaardeerde luistergenot getuig. Gedurende die oggend het hy ook openlik oor sy persoonlike lewe gepraat en aspekte van die verlede in perspektief geplaas.

Randall word as een van die ikone in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf beskou en het oor meer as vier dekades grensverskuiwende werk met sy toonsettings en vertolkings van Afrikaanse volksliedjies gedoen. Hy is ‘n gebore Kapenaar wat sy Honneursgraad in Ekologie verwerf het en eers by die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch onderwys gegee het, met verskeie Goue Status musiektoekennings wat hy vir sy uitreikings ontvang het. Daar kan ook uitgesien word na Randall se Outobiografie wat binnekort deur Johan Coetzee van Naledi Uitgewers bekendgestel gaan word.

 Hardus Botha

Randall betower dames

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles