Oubaas met “drinkhoed” op sy stukke

Oubaas met “drinkhoed” op sy stukke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Oubaas Lesch het vir hom ‘n drinkhoed gekry om hom in die toekoms te help,” vertel Elba Tredoux van Overberg Kushengelklub. Hulle kompetisie van Saterdag, 8 Augustus 2015 het goeie vangstes opgelewer. Sy sê die frustrasies en teleurstelling om na die Bokke se wedstryd te kyk, het gelukkig nie na die inweegsessie deurgetrek nie.

“Zach de Wet, ‘n besoeker wat ons hoop om weer in ons midde te sien, het ‘n prag-galjoen van 1.82kg ingeweeg en dit was dan ook die grootste vis van die dag,” sê Elba. “Dit is die tweede agtereenvolgende maand wat ‘n besoeker aan die Klub met die grootste vis kon spog.”

Die swaarste sak is deur die Klub se ou staatmaker, Oubaas Lesch, ingepalm, ‘n man wat die Klub nog nooit teleurstelgestel het nie. Die man met die tweede swaarste sak was Mico Swart, wat ook gereeld sy kant bring en feitlik elke maand mooi visse inweeg. “Weer eens baie dankie aan ons getroue borg, Buitesteen Pub & Grill, asook aan Hyundai Worcester vir hulle ondersteuning,” sê Elba. “Dit is nou maar net so, die ou of vrou wat nie ‘n lyn in die water het nie, kan nie ‘n vis vang nie.

Dus, ‘n ope uitnodiging aan almal met ‘n stok om saam met ons te kom hengel.” Sy sê die gesellige saamkuier en -gesels na afloop van kompetisies, maak almal sommer vinnig deel van die gemeenskap. Die volgende maandbyeenkoms is op Saterdag, 12 September 2015.

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha     

Oubaas met “drinkhoed” op sy stukke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles