Die duiwe het Saterdag vanaf Hanover gevlieg. Die weer daar was mooi, maar in die binneland by Beaufort-Wes het die duiwe sterk NW wind gekry, wat beteken het - wind van voor. Hul het 'n afstand van 614km volgens GPS gemeet. Die duiwe het in reën en mis hier op Gansbaai aangekom.
Hanover JO
Jurie Swart 1ste, 2de, 5de, 8ste
H Hitge B 3de, 6de
Louis & Johannes 4de, 7de, 9de, 10de, 11de
Corinne & Janine 12de
In die JO afdeling was daar net 12 duiwe van die 82 duiwe die aand by die huis.
Uitslae OPE
In hierdie afdeling het die duiweboere beter gevaar. In hierdie afdeling sit ons saam met jong duiwe die ou ervare duiwe.
Hanover OPE
Louis & Johannes 1ste, 4de, 14de, 19de
Jurie Swart 2de, 7de, 20ste
H Hitge A 3de, 5de, 18de
Corinne & Janine 6de
H Hitge B 8ste, 9de, 11de
A Leonard 10de, 15de, 16de
Vriendelike Groete, Corinne