Snoekmalligheid

Snoekmalligheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nie die beste manier om daarna te verwys nie maar soos wanneer geelbek, kabeljou of geelstert aan die loop gaan, is dit nou die tyd om alles uit te haal om jou snoek te vang.

Daar is baie bote wat kan spog met ordentlike vangste maar ook baie keer droëbek terug huis toe. In alle regverdigheid, dis mooi vis en boonop in ‘n goeie kondisie. Die probleem is egter dat die een dag jy nie baie ver hoef te gaan soek nie en goeie vangste amper vanselfsprekend is, die volgende dag daar wyd gesoek moet word. Wat hierdie vangery so interessant maak is die baie maniere waarop hulle aangekeer kan word. Indien hulle aan die loop raak is ‘n blink hoek met geen aas daaraan nie, genoeg om die boot vol te maak terwyl dit ander tye ‘n bedrewe hengelaar kos om sukses te behaal.

Baie maal is die blote teenwoordigheid van die vis nie genoegsaam om ‘n snoek aan die lyn te kry nie en dis dan wanneer die ou wat sy storie ken die een na die ander intrek terwyl ander ouens eenvoudig net kan kyk en hoop. Dit en die opwinding van ‘n groot snoek aan die lyn is juis wat manne so “snoekmal” maak! Rofweg is die area waar vir snoek gehengel word, vanaf die Eiland tot by die Punt. Dan word gewoonlik van Kleinbaaihawe gebruik gemaak. Die vis lê gewoonlik baie diep maar sal ook somtyds vlakker beweeg. Die ander area is, ook vanaf die Punt tot ongeveer Dassiegat, en dan is dit Gansbaaihawe se beurt.

Dit is interessant om op die volgende te let: Daar is ‘n verskeidenheid van vis wat gevang kan word indien daar vanaf Kleinbaai gehengel word en indien die snoek nie die dag byt nie, is dit ‘n welkom teiken. Indien jy by Dassiegat vir jou snoek moet soek is jou kanse skraler vir ander vis, tensy jy natuurlik tussen die riwwe of bamboes wil probeer.

In so ‘n geval is jou kanse nie so goed om daardie wille wragtags raak te loop nie.

Oor die naweek het die vis so aan die loop gegaan dat parkeerplek by tye onbekombaar was by Kleinbaai, en toe die vis op ‘n slag versit Gansbaai toe het dit daar ook maar woes gegaan. Daar is egter net een manier om self ‘n vis aan die lyn te kry en dis om self te probeer. Indien jy iemand ken wat jou sal vertel waar (en miskien hóé) ag jouself gelukkig, maar verseker dat jou inligting betroubaar is. Anders is dit maar ‘n kwessie van twee en twee bymekaar tel, en hoop dit maak vier. Maandag het dit weer swak gegaan…..

(Maak ‘n plan voor die mannetjies die wyfies kom haal!)

Groete, Seemeeu

Snoekmalligheid

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles