Funky Fynbos Festival Gansbaai

Funky Fynbos Festival Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Na ons eerste suksesvolle fees in 2014, beloof vanjaar se Funky Fynbos Fees ‘n naweek van pret en plesier vir die hele gesin,” vertel Michelle Williams, een van die organiseerders van die fees. Die program vir die naweek van 18-20 September 2015 is reeds gefinaliseer en is propvol opwindende feesitems te De Uijlenes en regdeur die res van die omgewing. Drie bergfietswedrenne sal weer een van die hoogtepunte wees, ook vir die gesin. Aktiwiteite vir kinders sluit korter bergfietswedrenne, bergwedlope, go-karts, kulkunstenaars, modelvliegtuie, springkastele, gesigverf en veel meer verrassings in.

In Gansbaai Hawe sal aktiwiteite soos visbraai, lewendige vermaak en pret vir kinders aangebied word. Vir die natuurliefhebber sal daar Fynbossafaries, perdry-ritte in die fynbos of op die strand plaasvind. Gansbaai Gholf Klub sal sorg vir ‘n stewige gholfkompetisie vir gesoute gholfspelers.

Lomond Wynkelder kan ook besoek word vir wynproe en ‘n “pop-up” restaurant, asook lewendige musiek, ‘n vlieghengelkompetisie en vele pret vir kinders sal insluit. By De Uijlenes sal die jaarlikse Gansbaai Fynbos uitstalling besigtig kan word, asook lewendige vermaak, ‘n speelpark vir kinders, handwerk- en kosstalletjies en veel meer.

By Strandkloof Karavaanpark is daar 4x4 aksies, witblits, perlemoenpotjie, ‘n spitbraai en veel meer. Groeneweide Kwekery sal sorg vir uitstallings, verkope van selfdoen-projekte, heerlike etes met wyn, bier en musiek vir almal, asook plaasdiere en ‘n klimraam vir kinders en die vlieg van radiokontrole vliegtuie vir die “groter” kinders. Haaiduik en kyk na walvisse per helikopter, vliegtuig, van die land of per boot, word ook aangebied.

Toegang tot die fees en stalletjie-areas is gratis. Die fees se doelwit is om besoekers aan Gansbaai se verskeie besienswaardighede bekend te stel. ‘n Gedeelte van die fees se opbrengs sal aan ‘n liefdadigheidsorganisasie, wat later geïdentifiseer sal word, geskenk word. Kom ondersteun en geniet die Funky Fynbos Fees.

Vir meer inligting kan die fees by www.funkyfynbos.co.za besoek word. Michelle Williams kan by 082-689-0355 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by funkyfynbosfestival@gmail com.

Hardus Botha

Funky Fynbos Festival Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles