'n Klein wonderwerk elke dag

'n Klein wonderwerk elke dag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“En tog is dit Ek wat jou opstandigheid vergewe. Ek is getrou aan Myself, Ek dink nie meer aan jou sondes nie.” (Jes. 43:25) “en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;” (Mat 6:12) 

Elke dag gebeur daar klein wonderwerke om ons wat ons nie altyd raaksien nie. Elke asemhaling wat jy sonder moeite kan maak, is ’n wonderwerk. Die natuur is vol wonderwerke wat ons baie keer miskyk sonder dat ons GOD daarvoor loof en dank. Tog is daar één Goddelike klein wonderwerk wat elke dag kan plaasvind as ons net meer en meer aan GOD gehoorsaam wil wees.  Natuurlik is die gróótste wonderwerk ooit dat GOD ons deur Jesus Christus vergewe het en in ’n nuwe verhouding met Hom geplaas het. Ons mag nie ophou om Hom hieroor te loof en prys nie. GOD het verseker geweet dat die enigste manier om Sy liefdesverhouding met die mensdom te behou, VERGIFNIS is. Daarom is dit só belangrik dat ons as Sy kinders hierdie selfde daad van liefde elke dag verder dra, deur mekaar van harte te vergewe! Ja, elke keer wanneer ’n mens ’n ander mens vergewe, vind daar ’n klein wonderwerk plaas!

Sjoe, hierdie is darem vir baie van ons ’n taai toffie om te kou. Dis baie moeilik om iemand te vergewe wat jou seergemaak het, wat nog te sê as hy dit weer en weer doen. Ja, veral as jy weet hy is bewustelik daarop uit om jou skade te doen en jy moet hom selfs sewentig maal sewe keer vergewe (Mat. 18:22). Hoe kry ’n mens dit reg?  Vergifnis is ’n Goddelike daad. Dis slegs moontlik as jy in die regte verhouding met GOD lewe en dit wat Hy aan die kruis vir jou gedoen het, jou eie maak. Jy kan dit nie uit jou eie doen nie – maar as jy deur die Heilige Gees gelei word en jou oorgee aan Sy wil en leiding, kry jy dit makliker reg. Dit was beslis nie vir Jesus ’n maklike pad om te stap om ons te vergewe nie. Netso moet ons nie verwag dat dit altyd maklik gaan wees om te vergewe nie.

Voor jy probeer om te vergewe, besef eers wat het GOD vir jou gedoen en dat Hy jou volkome vergewe het vir al jou dade, woorde en ook jou gedagtes! Hy het jou in ’n nuwe verhouding met Hom geplaas – en só moet jy ook die persoon wat jy vergewe as ’n nuwe mens beskou – en in ’n nuwe verhouding met hom staan. Vergifnis is ’n klein wonderwerk. Vergifnis verander nie net die een wat vergewe word nie, maar veral die een wat vergewe!

“Ons sal nooit weet hoe seer ons mense gemaak het wat ons nie vergewe het nie. Maar dit kan nie soveel wees as wat jy jouself seermaak deur nie te vergewe nie. Wanneer jy iemand vergewe leef jy volkome binne die Goddelike wil vir jou lewe. Soos die Onse Vader ons tereg leer: Vergewe ons ons sonde, net sóveel of só min as wat ons bereid is om ander hulle sonde te vergewe.”

(Lewis B. Smedes)

'n Klein wonderwerk elke dag

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles