Galjoen Diva's

Galjoen Diva's

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ek voel nogal trots op my twee galjoene wat ek gevang het,” vertel Bertha du Toit van Pearly Beach Hengel- en Ontspanningsklub (rots- en strandhengel). Bertha se een galjoen het 1.3kg geweeg en die ander een 1.65kg. Sy het ook die damesafdeling gewen en het 3de in die klub geëindig. Sy sê die vorige maand se hengelkompetisie is deur ‘n dame, Alida Strydom gewen en dit was die eerste keer in die klub se geskiedenis wat ‘n dame die voortou geneem het.

Die klub spog reeds geruime tyd met hulle volwaardige dames-hengelspan wat hulself die “Galjoen Diva's” noem. Van hulle is Bertha du Toit, Liezl Myburgh, Colleen de Kock, Karen Hoogendijk, Joanne Bester en Jaenette De Kock.

Philip Fourie (Hengelkaptein) laat weet soos volg oor die onlangse kompetisie: "Geluk aan Ewan Swart met sy eerste plek, swaartste vis (Steenbras, 5.95kg) en swaartse sak (6.45kg). Tweede was Tony Hoogendijk met onder andere ‘n mooi Galjoen (2.3kg). Derde Bertha du Toit, vierde Christopher Botha en vyfde Denton Bauermeister. Bertha wen ook die dameskompetisie en Wessel Fourie die Seniors. ‘n Rekord van 67 hengelaars het ingeskryf en 14 het 19 visse van 26.25kg ingeweeg. “Baie dankie aan al die borge en Tony en Karen Hoogendijk vir die ekstra pryse,” sê Philip. “Dankie ook aan tannie Carla en Frances en haar span wat in die kombuis met heerlike bykosse vir die braai reggestaan het.” Hy bedank ook vir Mary-Anne Bernhardt, Suzette Van Wyk en Nikita Bernhardt wat in die kroeg moes bontstaan, asook Louw vir die lekker musiek en die braaiers, veral Stephan De Kock, wat vir meer as 100 mense moes vleisbraai. “Lisa Muller het pragtige foto’s geneem, met Marle en Johann wat dit op die posters gedruk het.” Die klub se volgende kompetisie is op 12 September en Goodwood Hengelklub kom teen hulle hengel.

Hardus Botha

Galjoen Diva's

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles