“Ek en die span is opreg dankbaar vir hierdie mooi gebaar,” het Jonathan Doyle, Laerskool Gansbaai se afrigter van die o/13A-rugbyspan, gesê.
“Die seuns is sommer baie trots op hul pette en T-hemde waarin hulle kan oefen.” Die pette en T-hemde is op Dinsdag, 11 Augustus 2015 deur Premier Fishing, wat deel van die Atlantic Abalone Farm in Gansbaai hawe is, aan die span en hul afrigter oorhandig.
Die oorhandiging is deur Rushaan Isaacs (Verkoopsbestuurder) en Tatenda Bundo (Finansiële Bestuurder) van Premier Fishing en JP Coetzer (Operasionele Bestuurder) van Atlantic Abalone Farm waargeneem.
Hardus Botha