Wie is reg?

Wie is reg?

Gansbaai Courant

Vanaf die vorige naweek het dinge versleg wat snoek-vangste betref en dit is baie manne se mening dat hierdie visse al padgegee het of dan besig is om te verkas. Moontlik is dit so, maar daar is tog ‘n moontlikheid dat die aanname verkeerd kan wees. Aangesien die weer die oorsaak was dat min bote dit op see wou waag sal daar maar na die wille water gewag moet word om te sien wat die snoekstorie is. Ek dink dat ek die stertkant van die vangery beleef het toe ek by Gansbaai uit was, maar daar was iets baie eienaardigs waarna ek wil verwys. Terwyl ons vir ‘n heel ruk op die snoek gewag het om te byt (en nie eers een pluk gehad het nie) was dit tog eienaardig om so baie vis op die visvinder te gewaar. Indien dit nou aan Kleinbaai se kant was kon mens nog redeneer dat die vis wat so onder die boot ronddwaal dalk ander vis, soos byv. silwervis was, maar nie aan Gansbaai se kant nie. Wat ons wel gesien het was hoe ‘n rob met ‘n snoek in sy bek bo die water verskyn. Dit laat jou die afleiding maak dat die snoek wel teenwoordig was maar net nie wou byt nie. My aanname is dalk verkeerd maar indien dit wel korrek is, is die snoek miskien tog nog hier en met die verandering van weer  --  wie weet?

Ons hét een van daardie monsterhaaie gewaar wat die boot baie klein laat lyk het, en die manne, behalwe vir ‘n senuweeagtige laggie, maar aan die stil kant gehou het. Veral toe die ou skurwerug blykbaar baie geheg aan ons geraak het!

Die manne wat nog van hierdie nuwe bootradio’s moet aanskaf moet maar beginne varkoor gooi waar om dit in die hande te kry. Die tyd raak min. Dis ongelukkig ‘n redelike bedrag wat uitgehaal sal moet word, so maak maar voorsiening daarvoor. Dis goeie raad om advies in te win by iemand wat regtig weet waaroor alles gaan, want dit blyk meer gekompliseerd te wees as wat ons gemeen het. Die persoon wat nou die bote se toetsing doen is mnr. Norman Kenn (tel.071 8982470) en hy is die regte man om by navraag te doen hieroor. Ons  sê dankie vir sy bereidwilligheid.

Tot volgende keer, Seemeeu

Wie is reg?

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

See All Articles