Wie is reg?

Wie is reg?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vanaf die vorige naweek het dinge versleg wat snoek-vangste betref en dit is baie manne se mening dat hierdie visse al padgegee het of dan besig is om te verkas. Moontlik is dit so, maar daar is tog ‘n moontlikheid dat die aanname verkeerd kan wees. Aangesien die weer die oorsaak was dat min bote dit op see wou waag sal daar maar na die wille water gewag moet word om te sien wat die snoekstorie is. Ek dink dat ek die stertkant van die vangery beleef het toe ek by Gansbaai uit was, maar daar was iets baie eienaardigs waarna ek wil verwys. Terwyl ons vir ‘n heel ruk op die snoek gewag het om te byt (en nie eers een pluk gehad het nie) was dit tog eienaardig om so baie vis op die visvinder te gewaar. Indien dit nou aan Kleinbaai se kant was kon mens nog redeneer dat die vis wat so onder die boot ronddwaal dalk ander vis, soos byv. silwervis was, maar nie aan Gansbaai se kant nie. Wat ons wel gesien het was hoe ‘n rob met ‘n snoek in sy bek bo die water verskyn. Dit laat jou die afleiding maak dat die snoek wel teenwoordig was maar net nie wou byt nie. My aanname is dalk verkeerd maar indien dit wel korrek is, is die snoek miskien tog nog hier en met die verandering van weer  --  wie weet?

Ons hét een van daardie monsterhaaie gewaar wat die boot baie klein laat lyk het, en die manne, behalwe vir ‘n senuweeagtige laggie, maar aan die stil kant gehou het. Veral toe die ou skurwerug blykbaar baie geheg aan ons geraak het!

Die manne wat nog van hierdie nuwe bootradio’s moet aanskaf moet maar beginne varkoor gooi waar om dit in die hande te kry. Die tyd raak min. Dis ongelukkig ‘n redelike bedrag wat uitgehaal sal moet word, so maak maar voorsiening daarvoor. Dis goeie raad om advies in te win by iemand wat regtig weet waaroor alles gaan, want dit blyk meer gekompliseerd te wees as wat ons gemeen het. Die persoon wat nou die bote se toetsing doen is mnr. Norman Kenn (tel.071 8982470) en hy is die regte man om by navraag te doen hieroor. Ons  sê dankie vir sy bereidwilligheid.

Tot volgende keer, Seemeeu

Wie is reg?

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles