OBK se Kleinbaai Interprovinsiaal

OBK se Kleinbaai Interprovinsiaal

Gansbaai Courant

 “Nog ‘n suksesvolle Bodemvis Interprovinsiale Kompetisie is agter die rug,” vertel DP Burger, voorsitter van Overberg Bootklub, wat ook die gasheer vir die kompetisie was.

“Vanaf 5 tot 8 Augustus het die room van bodemvis-hengelaars in Kleinbaai bymekaargekom om kragte te meet vir die gesogte goue medaljes.” Dag 1 het met ‘n magdom snoek afgeskop, wat veral die OP en Suid-Kaap spanne heel onkant betrap het. Die WP Senior span storm daarna in die eerste plek in met die WP Juniors ‘n kortkop agter hulle. DP sê die leuse van WP, “Fishing for the Future”, is streng tydens die kompetisie toegepas en slegs 10 visse per hengelaar is by die skaal toegelaat. Snoek, roman, rooi stomp en silvervis het die spesies oorheers. Dag 2 skop af met die ‘repeaters’ wat gesorg het dat selfs die Weskusmanne oor die radio gehoor het van die snoek wat deur die ‘weekenders’ oos van die eiland gevang is. Met die inweeg maak die “ou” manne van die Barbarianspan hul stemme dik en plaas behoorlik druk op die WP Senior en Junior spanne. ‘n Vol getal snoek met 5 spesies laat hulle inskuif in die 2de plek. Dag 3 begin opwindend met alle spanne wat steeds binne bereik van die medaljes is. “Die radio’s was stil tot so teen 11:00 se kant, toe word dit duidelik dat die WP Senior span ‘n ordentlike kabeljou, asook ‘n vol getal snoek aan boord mag hê,” vertel DP. “Maar die WP Juniors en Barbarians was doodstil oor hul vangstes.”

By die skaal was die afwagting groot, maar dit was duidelik dat die WP Seniors, ten spyte van hul 9.8kg kabeljou, asook die WP Junior span met ‘n vol ‘telly’ hul knieë voor die ouman Barbarianspan moes buig.” Frans Kennedy, Patrick Christodoulou en OBK se eie Erik Dahl weeg ‘n vol getal vis met 5 spesies in om die goue medaljes voor die WP spanne weg te raap. WP Seniors eindig in die Silver posisie, met die WP Juniors in ‘n welverdiende Bronsposisie. “Welgedaan aan almal!” DP sê die Overberg Bootklub is baie trots op hul lede, Werner van Zyl wat as die Top Junior vir die kompetisie aangewys is, asook Erik Dahl wat een van die Goue Medalje wenners van die 2015 Kleinbaai Interprovinsiaal was.

“Die sport van hengel het weer eens geseëvier en ons sien uit na 2016 se kompetisie,” sê DP. Hy rig graag die volgende bedankings, “sonder wie se ruim bydraes hierdie suksesvolle kompetisie nie moontlik sou gewees het nie”: Birkenhead Motors (Attie Louw), Gansbaai Superspar, Gansbaai OK Foods, Gamco Services (Gansbaai), Ian Wessels (Wildegans II), I&J Dangerpoint, Burmar Civils, Prime Cut Meats, Marine Dynamics, Gansbaai Discount Liquors, Strandveld Slaghuis, Stephen Ashlin, Gawie Krügel, Thuys Louw, Jo Bussio, Fruit & Veg (Hermanus), Gansbaai Munisipaliteit, You Save (Gansbaai), Buitesteen Pub & Grill en Dyer Eiland Cruises. 

(Foto’s deur Johan van Zyl)

Hardus Botha

OBK se Kleinbaai Interprovinsiaal

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles