Gansbaaiers vereer

Gansbaaiers vereer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vir die tweede agtereenvolgende jaar het Gansbaaiers uitstekend tydens die prestige Burgemeesterstoekennings-aand op 25 Augustus 2015 gevaar. Sewe Gansbaaiers was onder die genomineerdes in verskillende kategorieë, waarvan vier wenners was. “Aan almal wat vanaand ‘n sertifikaat ontvang het, baie geluk en dankie vir die voorbeeld wat aan ons almal gestel word - dit kán ‘n verskil maak!” het Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester gesê.

Die Vrou van die Jaar Toekenning is aan Kim “Sharklady” MacLean oorhandig vir haar passie vir grootwithaaie en haar optrede as ‘n ambassadeur vir die omgewing. Derde was    Hermine Groenewald wat op 80-jarige ouderdom steeds in diens van haar roeping staan om die armes van Gansbaai te help.

Die Omgewingsbewarings Trofee is vanjaar deur Gansbaai se Michael Rutzen ingepalm vir sy uitstaande bydrae op die  gebied van marienebewaring en -navorsing. Wilfred Chivell was vanjaar die opvolgwenner vir sy African Penguin and Seabird Sanctuary.

In die kategorie “Sertifikate vir Uitnemendheid” het twee Gansbaaiers uitgeblink. Natasha Bredenkamp vir haar betrokkenheid by etlike programme, asook haar uitnemende bydrae op sportgebied. Nog ‘n Gansbaaier in hierdie kategorie is Gabbi Jonker van Flower Valley Farm vir haar groot impak op die gemeenskap en haar suksesse met Flower Valley Early Learning Centre. Olga Swanepoel van De Kelders het ‘n Sertifikaat vir Nominasie in hierdie kategorie ontvang vir die wyse waarop sy as 80-jarige haar liefde vir kuns en kwiltwerk met ander deel en opleiding verskaf.

In 2014 was daar nege Gansbaaiers onder die groep van    genomineerdes en onder die finaliste was daar twee, terwyl 5 uit die 8 genomineerdes vir Sertifikate vir Uitnemendheid ook Gansbaaiers was. “Baie geluk aan vanjaar se ontvangers van toekennings, Gansbaai Courant en die gemeenskap is trots op julle!”

(Foto’s: Bernard Jordaan van Nasionale Pers-Sentrum)

Hardus Botha

Gansbaaiers vereer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles