BBos Orkes-ikoon sterf

BBos Orkes-ikoon sterf

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai en omgewing het op Donderdag, 20 Augustus sy Boereorkesikoon, Manie Marais Groenewald (78) aan die dood afgestaan. Manie is ná ‘n kort siekbed in sy woning te Baardskeerdersbos oorlede. Hy is gedurende die eerste helfte van Julie met ‘n kwaadaardige gewas op die brein en ander kanker gediagnoseer. Sy afsterwe as ‘n ware ikoon en groot gees op die gebied van boeremusiek laat ‘n baie groot leemte in die gemeenskap, asook landswyd.

Manie is op 11 Maart 1937 in Baardskeerdersbos gebore en was ‘n volwaardige B’Bosser. Hy is op 10 Desember 1960 met Mara (81) in die huwelik bevestig. Daar is 2 kinders, Danie Fourie en Wilmien Visagie, met Manie wat met 3 kleinkinders, JC Fourie, Manie Groenewald en Mari Groe-newald geseënd was, asook ‘n agterkleinkind, Ryno Fourie. Manie se beroepsjare het in die destydse Suidwes-Afrika (Namibië) begin toe hy in 1954 begin “trol” het, maar in 1984 het hy klaargemaak met die see, nadat hy reeds in 1982 met ‘n melkboerdery begin het. In 2008 het hy besluit om permanent af te tree. Gedurende die sestigerjare het Manie en Willie de Villiers met orkes-dinge begin, wat van krag tot krag gegroei het. Daarna volg die stigting van die Strandveld Boere Orkes, die Pavement Specials, die Baardskeerdersbos Orkes en nog later die Baardskeerdersbos Boere Orkes - telkens op inisia-tief en onder leiding van Manie. ‘n Addisionele orkes is in 2008, ook op sy inisiatief, gestig - die Rummy Cub Orkes.

“Dis nou die manne wat in die voorkamer musiek maak, terwyl die vrouens in die kombuis rummy cup speel,” het Manie destyds gesê. Hy het ook 5 CD’s die lig laat sien. Manie laat se eggenote, Mara, sy kinders, Danie en Wilmien, 3 kleinkinders en 1 agterkleinkind agter. ‘n Roudiens is op Woensdag, 26 Augustus 2015 om 15:00 deur ds Dirk van Dyk in die Baardskeerdersbos NG Kerkgebou gehou.

Kennis kan ook geneem word van ‘n huldeblyk vir Manie met Willem Viljoen van RSG se program, Vastrap, eerskomende Saterdag (29 Augustus 2015) om 14:00-15:00.‘n Volledige huldeblyk vir Gansbaai se Boereorkesreus sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant geplaas word.

Hardus Botha

BBos Orkes-ikoon sterf

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles