Gaan Bos…Gaan Fynbos!

Gaan Bos…Gaan Fynbos!

Gansbaai Courant

Ter sprake is die 3de Cape Floral Kingdom Ekspo te Mega Park, Bredasdorp, met ‘n asemrowende fynbosuitstalling   onderdak - die grootste ter wêreld - net hier aan die Suidpunt van Afrika. Jan sê ‘n nuwigheid vir vanjaar is die Vetplantrykdom van die streek wat ook in die vertoonvenster geplaas word.

“Lesers word genooi om weg te breek en hulle saam met geliefdes en kollegas te kom verlustig in die    kleurvolle skouspel van een van Moeder Natuur se mooiste wonders,” sê hy. “Die ekspo is cool, dis funky, dis withit en dis ‘n besoekervriendelike ervaring van ‘n leeftyd.” Die    organiseerders van die Suid-Afrikaanse Blomme Vereniging se Nasionale Blommerangskikking Kampioenskap is ook vanjaar weer op hul stukke met ‘n “rugbyveld” vol van die heel mooiste blommerangskikkings.

Enkele ander aktiwiteite en belewenisse is onder andere: CapeNature Reservaat wegbreek om te wen; Ontmoet SA Country Life, SA Home & Garden en Radio Tygerberg; Ekslusiewe Bewaringsfotografie-werkswinkel deur Peter Chadwick; Nuwejaarsrivier Buffel Bewaringsuitstappies; Blomme te koop; Rustige wandeling deur geïdentifiseerde fynbosspesies; Pret en inkleurgeleent-hede vir die kleingoed; Info Ghoeroe botaniese boekeskat van Kirstenbosch Internasionale Botaniese Tuin; I-SPOT natuur-ontdekkingsgeleenthede; Daaglikse fynbos-velduitstappies; Wyn-, rooibostee- en heuningproe. Te veel om op te noem - alles in ‘n 8000m² ekspo-sentrum, met elke vierkante senti-meter wat benut is. “In oorleg met CapeNature sal besoekers die natuurlike buitelug ervaring van blomme kyk kan geniet,” sê Jan.

Somá Viljoen, sameroeper van die Nasionale Blomme-rangskikking Kampioenskap nooi die publiek om temas soos Sunrise over the Overberg, Rich & Rustic en Sleek & Slender, wat by fokustema, “Verander jou lewensuitkyk” inskakel, te kom geniet. Besprekings, navrae en kostes kan by die ekspo se reis-toonbank gedoen word. Besoek gerus ook die webtuiste www.capefloralkingdom.co.za.

Navrae kan aan Antoi-nette Steyn, Projekbestuurder by 021-863-0397 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by antoinette@agrimega.co.za of info@capefloralkingdom.co.za. Verdere navraagnommers is 028-424-2368 en 082-556-8778. Toegang beloop R100/volwassene, R70/pensioenaris, R30/13-18jr en R10/3-10jr. Maak seker om nie hierdie onvergeetlike belewenis vanaf Donderdag tot Sondag (27-30 Augustus) mis te loop nie.

Hardus Botha

Gaan Bos…Gaan Fynbos!

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles