Gaan Bos…Gaan Fynbos!

Gaan Bos…Gaan Fynbos!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ter sprake is die 3de Cape Floral Kingdom Ekspo te Mega Park, Bredasdorp, met ‘n asemrowende fynbosuitstalling   onderdak - die grootste ter wêreld - net hier aan die Suidpunt van Afrika. Jan sê ‘n nuwigheid vir vanjaar is die Vetplantrykdom van die streek wat ook in die vertoonvenster geplaas word.

“Lesers word genooi om weg te breek en hulle saam met geliefdes en kollegas te kom verlustig in die    kleurvolle skouspel van een van Moeder Natuur se mooiste wonders,” sê hy. “Die ekspo is cool, dis funky, dis withit en dis ‘n besoekervriendelike ervaring van ‘n leeftyd.” Die    organiseerders van die Suid-Afrikaanse Blomme Vereniging se Nasionale Blommerangskikking Kampioenskap is ook vanjaar weer op hul stukke met ‘n “rugbyveld” vol van die heel mooiste blommerangskikkings.

Enkele ander aktiwiteite en belewenisse is onder andere: CapeNature Reservaat wegbreek om te wen; Ontmoet SA Country Life, SA Home & Garden en Radio Tygerberg; Ekslusiewe Bewaringsfotografie-werkswinkel deur Peter Chadwick; Nuwejaarsrivier Buffel Bewaringsuitstappies; Blomme te koop; Rustige wandeling deur geïdentifiseerde fynbosspesies; Pret en inkleurgeleent-hede vir die kleingoed; Info Ghoeroe botaniese boekeskat van Kirstenbosch Internasionale Botaniese Tuin; I-SPOT natuur-ontdekkingsgeleenthede; Daaglikse fynbos-velduitstappies; Wyn-, rooibostee- en heuningproe. Te veel om op te noem - alles in ‘n 8000m² ekspo-sentrum, met elke vierkante senti-meter wat benut is. “In oorleg met CapeNature sal besoekers die natuurlike buitelug ervaring van blomme kyk kan geniet,” sê Jan.

Somá Viljoen, sameroeper van die Nasionale Blomme-rangskikking Kampioenskap nooi die publiek om temas soos Sunrise over the Overberg, Rich & Rustic en Sleek & Slender, wat by fokustema, “Verander jou lewensuitkyk” inskakel, te kom geniet. Besprekings, navrae en kostes kan by die ekspo se reis-toonbank gedoen word. Besoek gerus ook die webtuiste www.capefloralkingdom.co.za.

Navrae kan aan Antoi-nette Steyn, Projekbestuurder by 021-863-0397 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan haar by antoinette@agrimega.co.za of info@capefloralkingdom.co.za. Verdere navraagnommers is 028-424-2368 en 082-556-8778. Toegang beloop R100/volwassene, R70/pensioenaris, R30/13-18jr en R10/3-10jr. Maak seker om nie hierdie onvergeetlike belewenis vanaf Donderdag tot Sondag (27-30 Augustus) mis te loop nie.

Hardus Botha

Gaan Bos…Gaan Fynbos!

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles