Gansies begin Kwaak

Gansies begin Kwaak

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Gansies van De Kleine Gansies Kleuterskool begin kwaak oor hul groot Familiedag op Saterdag, 12 September 2015. Hulle het beslis goeie rede om so aan die kwaak te gaan, aangesien dit ‘n geleentheid vir fondsinsameling is wat in hul kleuterskool teruggeploeg gaan word.

Dié dag gaan bestaan uit ‘n Gholfdag vir die “omies” wat weet hoe om ‘n gholfballetjie te slaan, ‘n Damesteedag vir die “tannies” met die mooi modeklere en ‘n Kinderdagsorg vir die kwakende Gansies om hulself te geniet terwyl die “omies” en “tannies” die fondse laat inrol. Gholfspelers kan uitsien na ‘n opwindende “4 Ball Better Ball Prefered Drive” teen R200 per speler, met vele pryse op die spel. Die Damestee (High Tea) vanaf 10:00 tot 12:30 teen R150 per persoon beloof net opwinding en word deur Gansbaai OK Foods geborg, met Willene Sieberhagen van Chata Romano as gasspreker. Haar tema is “‘n Nuwe Jy…” en sy gaan onder andere fokus op aspekte soos hare en grimmering se regte kleure vir die gelaat, asook fundamentele kledingstukke vir die klerekas. Verteenwoordigers van Annique, Justine, Avon en Corra’s sal ook teenwoordig wees en ook hier sal pryse te wenne wees. Tee en koffie sal saam met verversings geniet kan word.

Die Kinderdagsorg vanaf 09:00 tot 13:00 teen R50 per kind (3-8 jaar) sal vir die gerief van moeders aangebied word. Hulle sal met verskillende aktiwiteite en verversingtjies besig gehou word. Dan sal daar Hoender- of Gourmet Bief Burgers teen R35 vir middagete te koop aangebied word, asook wegneemburgers.

Navrae kan gerig word aan: Mariana Smal (gholf) by 079-951-0455; Lise Bosman by 076-767-4729 of Edna van der Linde by 084-396-3306 (damestee); Lanita Marais (kinderdagsorg) by 028-384-1164; Hanneke de Wet (burgers) by 074-341-2474.

Die organiseerder van hierdie groot Gansie-dag is Gretha Hanekom en sy kan by 084-941-2276 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by groenfontein@b360connect.co.za.

Onthou van De Kleine Gansies se Groot Dag op Saterdag, 12 September 2015 by Gansbaai Gholfklub.

Hardus Botha

Gansies begin Kwaak

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles