Showville in Gansbaai

Showville in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

SABC 2 se Showville-program sal vanaf November vanjaar gebeeldsend word. Die span is tans in ‘n proses om dorpe te besoek vir deelname aan die program. Gansbaai is sommer vroeg volgende week aan die beurt en talente sal uitgehaal en gewys moet word vir die vale. Die verskeidenheids-talentskou, met 4 optredes waaruit gekies gaan word, bestaan uit sang en dans en enige ander verskeidenheidskonsert-talente. Dit word professioneel deur Rob van Vuuren en Bontle Modiselle aangebied. Oudisies sal op Donderdag, 3 September by Laerskool Gansbaai plaasvind.

Op Vrydag, 4 September sal ‘n “kortlys” opgestel word, terwyl almal bygestaan en gehelp sal word met korrekte optredes. Op Saterdagaand, 5 September sal ‘n verskeidenheidskonsert by die laerskool aangebied word om die finale wenner aan te wys - met ‘n hoofprys van R10,000. Die wenner sal dan ook deel wees van November se uitsending van die program. Enkele voorwaardes word gestel, soos ‘n maksimum van 4 lede per groep en deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.

Vir meer besonderhede, verdere inligting en inskrywingsvorms kan Gansbaai Toerisme by 028-384-1439 gekontak word. Die webtuiste:  www.showville.co.za kan ook besoek word.

Hardus Botha

Showville in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles