Die Jeugbasaar van die NG-gemeente beteken net groot pret en plesier. Dit is nie net die “grootmense” wat werk nie - nee, die kategese werk elkeen net so hard saam om alles gereed te kry.
Hannes Cilliers staan aan die spits van sake. “Die belang-rikste aspek van die Jeugbasaar is om die kinders betrokke te maak, nie net vir speletjies speel nie, maar ook met die voorbereiding sodat hulle die gevoel kan kry dit is ‘hulle’ basaar,” sê Hannes.
Aan verversings, eetgoed en iets te drinke sal daar geen tekort wees nie, bring net ‘n geldjie saam vir vele verrassings, ook vir volwassenes wat kom inloer. Wat speletjies betref, sal daar ook meer as genoeg van wees om van te kies en te keur en die ganse Gansbaai se jeug hartlik welkom. Vrydagaand, 4 September 2015 stiptelik vanaf 18:00 sal die Pretoriussaal begin bewe. Maak seker julle mis dit nie!
Navrae: Hannes Cilliers by 083-977-4431. Kom geniet julle uit julle bloedgroepe uit!
Hardus Botha