Birkenheaders se Woelige Naweke

Birkenheaders se Woelige Naweke

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Birkenhead Boothengelklub is ernstig oor hulle hengelkompetisies en die hengelaars dreun mekaar gereeld op, maar wanneer daar sprake van pret is, is die visstokke vergete. So gaan dit weer volgende week wees. Indien die weer dit toelaat, is die bote Saterdag, 5 September see toe vir die maandelikse hengelkompetisie. Dan is dit huis toe om die visreuk met “after shave” te vervang en dan terug klubhuis toe vir die aand se Lentedanspret soos wat net die Birkenheaders dit kan aanbied. ‘n Smaaklike driegang maal word aangebied, gepaardgaande met gesellige saamkuier, ontspan en dans.

Die klub se Musiekfabriek met Ramond Rabe agter die drade, knoppies en CD’s het geen bekendstelling nodig nie. ‘n Kontantkoeg sal beskikbaar wees, dus geen eie drank nie. Kaartjies vir die heerlike aand beloop ‘n skrale R70 (nie-lede) en R65 (lede). Drag vir die Lentedans is netjies informeel en vanjaar sal daar nie ‘n tema wees nie. Almal, en nie net lede nie, is welkom om die gesellige Lentedans te kom bywoon. Nog ‘n belangrike naweek wat nou reeds aangeteken moet word, is die King of the Bay Boothengelkompetisie wat op Saterdag, 3 Oktober 2015 aangebied word, met die Birkenhead Boothengelklub as gasheerklub. Dit is ‘n groot geleent-heid met vele groot pryse wat nie te versmaai is nie, asook en natuurlik die gesogte King of the Bay Wisseltrofee wat tans trots in die Birkenhead Boothengelklub se trofeëkas staan.

“Behalwe vir die opwinding wat met so ‘n kompetisie gepaardgaan, is die primêre doel van hierdie kompetisie om die onderskeie visvanglede geleentheid te bied om mekaar beter te leer ken en sommer net om ‘n heerlike visvangdag te hê,” sê Philip Fourie, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub. Vir enige kompetisenavrae, asook die King of the Bay, kan Johan Burmeister by 082-895-7647 geskakel word.

Vir kaartjies, besprekings en/of navrae rakende die Lentedans op 5 September kan Philip Fourie by 082-747-3634 geskakel word, of Lorraine Fourie by 083-450-3653 of Johan Wiese by 084-680-1269.

Hardus Botha

Birkenheaders se Woelige Naweke

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles