Gewilde Fanie groet

Gewilde Fanie groet

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is ‘n groot jammerte dat Gansbaai se gewilde Apteker, Fanie Viljoen moet groet. Fanie maak op 31 Augustus 2015 klaar by Gansbaai Apteek (Arrie Nel Apteekgroep) nadat bepaalde beleidsbesluite geneem is. Fanie is sowat 7½ jaar gelede in April 2008 as Bestuurder vir die groep in Gansbaai Apteek aangestel en het homself deeglik as ‘n gewilde apteker in die dorp bewys.

Hy en sy eggenote, Lizette het ook goed in Gansbaai aangepas en hulle beplan nie om hul huis hier te verkoop nie, aangesien hulle graag hulle “huisie by die see” wil behou. “Ons het besluit om gedurende September te gaan blomme kyk en ná ons dogter se troue in Oktober sal ek oor die pad vorentoe besluit,” sê Fanie. “Ek tree nie af nie en kan ook nie bekostig om te gaan stilsit nie. My dokters het ná die hartaanval skriftelik bevestig dat ek fiks genoeg is om met my beroep te kan voortgaan.”

Fanie het op 13 Junie 2015 ‘n hart-aanval gehad, maar het spoedig weer herstel. ‘n Stent is in Vergelenen Medi-Clinic in Somerset-Wes ingeplant en ná ‘n tweede angiogram het die dokters bevestig dat hulle meer as tevrede met sy gesondheid is. Fanie beoefen sy aptekersberoep al vir die afgelope 35 jaar. Die egpaar se een dogter is Lianie (27), ‘n Aptekers Assistant in Pretoria en sy word op 24 Oktober vanjaar in die huwelik bevestig. Die ander dogter is Jolandie (25) wat ook in Pretoria ‘n gekwalifiseerde haarkapper is.

“Graag wil ek die gemeenskap eerstens van harte bedank vir hul wonderlike ondersteuning gedurende die afgelope klompie jare,” het Fanie gesê. “Ek en Lizette is met vriendelikheid en gasvryheid in Gansbaai ontvang en ons het dit ook deurentyd so ervaar.” Dan bedank Fanie ook alle belangstellendes vir die vele oproepe, boodskappe en gebede gedurende die tydperk wat hy siek was. “Ek wil veral ook die personeel in die Apteek bedank vir hulle goeie ondersteuning terwyl ek die Bestuurder was, dit is ‘n saak wat ek opreg waardeer.”

Hardus Botha

Gewilde Fanie groet

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles