Gewilde Fanie groet

Gewilde Fanie groet

Gansbaai Courant

Dit is ‘n groot jammerte dat Gansbaai se gewilde Apteker, Fanie Viljoen moet groet. Fanie maak op 31 Augustus 2015 klaar by Gansbaai Apteek (Arrie Nel Apteekgroep) nadat bepaalde beleidsbesluite geneem is. Fanie is sowat 7½ jaar gelede in April 2008 as Bestuurder vir die groep in Gansbaai Apteek aangestel en het homself deeglik as ‘n gewilde apteker in die dorp bewys.

Hy en sy eggenote, Lizette het ook goed in Gansbaai aangepas en hulle beplan nie om hul huis hier te verkoop nie, aangesien hulle graag hulle “huisie by die see” wil behou. “Ons het besluit om gedurende September te gaan blomme kyk en ná ons dogter se troue in Oktober sal ek oor die pad vorentoe besluit,” sê Fanie. “Ek tree nie af nie en kan ook nie bekostig om te gaan stilsit nie. My dokters het ná die hartaanval skriftelik bevestig dat ek fiks genoeg is om met my beroep te kan voortgaan.”

Fanie het op 13 Junie 2015 ‘n hart-aanval gehad, maar het spoedig weer herstel. ‘n Stent is in Vergelenen Medi-Clinic in Somerset-Wes ingeplant en ná ‘n tweede angiogram het die dokters bevestig dat hulle meer as tevrede met sy gesondheid is. Fanie beoefen sy aptekersberoep al vir die afgelope 35 jaar. Die egpaar se een dogter is Lianie (27), ‘n Aptekers Assistant in Pretoria en sy word op 24 Oktober vanjaar in die huwelik bevestig. Die ander dogter is Jolandie (25) wat ook in Pretoria ‘n gekwalifiseerde haarkapper is.

“Graag wil ek die gemeenskap eerstens van harte bedank vir hul wonderlike ondersteuning gedurende die afgelope klompie jare,” het Fanie gesê. “Ek en Lizette is met vriendelikheid en gasvryheid in Gansbaai ontvang en ons het dit ook deurentyd so ervaar.” Dan bedank Fanie ook alle belangstellendes vir die vele oproepe, boodskappe en gebede gedurende die tydperk wat hy siek was. “Ek wil veral ook die personeel in die Apteek bedank vir hulle goeie ondersteuning terwyl ek die Bestuurder was, dit is ‘n saak wat ek opreg waardeer.”

Hardus Botha

Gewilde Fanie groet

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles