Driewiel-motorfiets vir Kobus

Driewiel-motorfiets vir Kobus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons het besluit dit is tyd om vir ‘wiele’ vir Kobus du Toit te sorg,” sê Pieter Maree, voorsitter van Gansbaai se Motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter.

“Ons sal nog besluit of ons ‘n behoorlike en outomatiese Driewiel-motorfiets gaan koop en of ons sy bestaande motorfiets op ‘n professionele wyse gaan verander om by sy omstandighede aan te pas, aangesien dit ‘n enorme frustrasie vir hom is    omdat hy nie onafhanklike vervoer het nie.” Kobus (Spikkels) du Toit was op 8 Januarie 2014 in ‘n ernstige ongeluk met sy motorfiets betrokke, nadat ‘n motorbestuurder ‘n U-draai op die Kleinbaai-pad voor hom gemaak het. Sy linkerbeen is só ernstig beskadig, dat daar ná vele operasies finaal besluit is om die been op 6 Augustus vanjaar te amputeer. Kobus het intussen goed aangesterk en hanteer die verlies van sy been  positief. “Dit is baie moeilik om aan die situsasie gewoond te raak, veral met die hou van my balans, maar ek begin regkom,” het Kobus gesê. Nou loods die Scattered Links, Overberg Chapter, asook die Kaapse Chapter ‘n fonds-insamelingsveldtog om Kobus terug te kry op wiele. “Ons Overberg Chapter, asook die Kaapse Chapter het elk R5,000 uit klubfondse beskikbaargestel,” vertel Pieter.

“Ons benodig egter nog minstens R20,000 om ons plan te laat realiseer.” Pieter doen ‘n ernstige beroep op individue en besighede om finansiële bydraes tot hulle fondsinsamelingsprojek te lewer. Hulle wil graag vir Kobus so gou as moontlik help met onafhanklike vervoer. “Indien ons goeie samewerking kry en daar is oortollige fondse, sal dit net so aangewend word vir ‘n bydrae tot die aankoop van ‘n prostese wat ook nog vir Kobus wag,” sê Pieter.

Vir navrae en/of donasies kan Pieter Maree by 083-292-0190 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Die klub se bankrekening vir inbetalings is: ABSA; Scattered Links MCC Overberg; Spaarrekening no 927 530 8145. Erkenning sal aan alle donateurs gegee word, met Kobus wat hopelik na sy eie “wiele” kan uitsien. 

Hardus Botha

Driewiel-motorfiets vir Kobus

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles