Driewiel-motorfiets vir Kobus

Driewiel-motorfiets vir Kobus

Gansbaai Courant

 “Ons het besluit dit is tyd om vir ‘wiele’ vir Kobus du Toit te sorg,” sê Pieter Maree, voorsitter van Gansbaai se Motorfietsklub, die Scattered Links, Overberg Chapter.

“Ons sal nog besluit of ons ‘n behoorlike en outomatiese Driewiel-motorfiets gaan koop en of ons sy bestaande motorfiets op ‘n professionele wyse gaan verander om by sy omstandighede aan te pas, aangesien dit ‘n enorme frustrasie vir hom is    omdat hy nie onafhanklike vervoer het nie.” Kobus (Spikkels) du Toit was op 8 Januarie 2014 in ‘n ernstige ongeluk met sy motorfiets betrokke, nadat ‘n motorbestuurder ‘n U-draai op die Kleinbaai-pad voor hom gemaak het. Sy linkerbeen is só ernstig beskadig, dat daar ná vele operasies finaal besluit is om die been op 6 Augustus vanjaar te amputeer. Kobus het intussen goed aangesterk en hanteer die verlies van sy been  positief. “Dit is baie moeilik om aan die situsasie gewoond te raak, veral met die hou van my balans, maar ek begin regkom,” het Kobus gesê. Nou loods die Scattered Links, Overberg Chapter, asook die Kaapse Chapter ‘n fonds-insamelingsveldtog om Kobus terug te kry op wiele. “Ons Overberg Chapter, asook die Kaapse Chapter het elk R5,000 uit klubfondse beskikbaargestel,” vertel Pieter.

“Ons benodig egter nog minstens R20,000 om ons plan te laat realiseer.” Pieter doen ‘n ernstige beroep op individue en besighede om finansiële bydraes tot hulle fondsinsamelingsprojek te lewer. Hulle wil graag vir Kobus so gou as moontlik help met onafhanklike vervoer. “Indien ons goeie samewerking kry en daar is oortollige fondse, sal dit net so aangewend word vir ‘n bydrae tot die aankoop van ‘n prostese wat ook nog vir Kobus wag,” sê Pieter.

Vir navrae en/of donasies kan Pieter Maree by 083-292-0190 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by scatteredlinks.overberg@gmail.com.

Die klub se bankrekening vir inbetalings is: ABSA; Scattered Links MCC Overberg; Spaarrekening no 927 530 8145. Erkenning sal aan alle donateurs gegee word, met Kobus wat hopelik na sy eie “wiele” kan uitsien. 

Hardus Botha

Driewiel-motorfiets vir Kobus

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles