Kom in en deel in my vreugde

Kom in en deel in my vreugde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die een wat vyf goue muntstukke ontvang het, kom toe en bring die ander vyf saam, en sê: ‘Meneer, vyf goue muntstukke het u aan my toevertrou. Hier is dit met vyf ander wat ek wins gemaak het.’ Toe sê sy eienaar vir hom: ‘Mooi so! Jy is 'n goeie en getroue slaaf. Oor min was jy getrou, oor baie sal ek jou aanstel. Kom in en deel in my vreugde!’ (Mat 25:20,21)

Hoe wonderlik sal dit darem nie wees om eendag voor GOD te staan en hierdie woorde te hoor nie: “Kom in en deel in my vreugde!” Ek wil hê jy moet net vir ’n oomblik stilstaan en jouself afvra: “Sien ek werklik uit daarna om in GOD se hemelse koninkryk in te gaan?” Of anders gestel: Besef jy werklik watter groot vreugde en seëninge daar vir jou wag in die hemel?” “Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het GOD gereed gemaak vir dié wat Hom lief het” (1Kor. 2:9) 

Dit was vir Jesus baie belangrik dat ons moes besig bly om ons voor te berei vir die hemel eendag dat hy die gelykenis van die muntstukke (of talente) in Matteus 25 gegee het. Hy wou hê ons moes weet dat wat ons elke dag doen met ons gawes, of talente, deur GOD raakgesien word en ook eendag beloon gaan word. Ons kan nie net maar soos die slaaf wat een muntstuk ontvang het, dit gaan begrawe en hoop dat GOD sal verstaan nie. Ons moet regtig ons eie unieke gawes of talente ontwikkel en gebruik tot eer van GOD.

As jy iemand is wat kan help waar ander mense swaarkry, moet jy nie jou muntstuk vir jouself hou nie, maar só aanwend dat ander daaruit voordeel kan trek. Miskien is dit jou sterk punt om mense wat moedeloos of hartseer is, te bemoedig en by te staan – dan moet jy toelaat dat die Heilige Gees jou na sulke mense toe lei en dáár doen wat goed is. As jy werklik vir mense omgee en iets aan hulle nood wil doen, mag jy nie ophou bid vir sulke mense nie. Gebed is seker een van die talente wat die meeste van ons gekry het – nie om ons eie selfsugtige begeertes te bevredig nie, maar om vir ander mense te bid. Gebruik hierdie gawe van jou baie versigtig. Het jy geweet dat vriendelikheid een van die besonderse gawes wat GOD se kinders ontvang het? Miskien moet jy net weer oplet hoe mense se gemoedstoestand verander as jy met hulle vriendelik is.

Vra die Heilige Gees om jou te wys wat jou talente is en begin om dit in GOD se koninkryk hier op aarde te gebruik. Moet asseblief nie jou gawes in die grond begrawe of wegsteek nie. Jy wil mos eendag ook die woorde hoor:  “Kom in en deel in my vreugde!”

Kom in en deel in my vreugde

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles