Loslit Innie Lente

Loslit Innie Lente

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Vrydag, 4 September 2015 is Loslitdag - ‘n dag waarna jaarliks uitgesien word, maar ook ‘n dag van  omgee vir gestremdes. Gansbaai Toerisme het laat weet hulle gaan, in same-werking met Gansbaai Munisipaliteit, sorg vir Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, Silwerjare Dienssentrum, Gansbaai Elim Huis en Butterfly Centre (Stanford).

‘n Staptog vir  hierdie projek word vir Vrydag, 4 September om 07:00 beplan. Die stappers begin by Gansbaai SAPD en stap met Hoofstraat langs tot by die munisipale  kantore waar donasies vir verspreiding ontvang sal word. Enige donasies in die vorm van nie-bederfbare voedsel, toiletware, skoonmaakmiddels, speelgoed, skryfbehoeftes, kunsbenodigdhede, komberse, linne, boeke en dies meer sal opreg waardeer word.

“Kom ons vat hande en hou Gansbaai se naam hoog met Loslitdag se welwillendheid!” Loslitdag staan bekend as die land se grootste fondsinsamelings - en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdheid. Dis ‘n dag waarop ‘n beroep op almal in Suid-Afrika gedoen word om gemaklik, formeel of sommer net verspot aan te trek  wanneer hulle werk toe gaan en om ook die amptelike Loslitdag-plakker te dra.

Vanjaar se tema is: Loslit Innie Lente. Volgens projekbestuurder, Celeste Vinassa, vier almal in die eerste week van September die aankoms van die lente. “Vanjaar het ons vyf plakkers en kan mense ‘n hele ‘bos’ plakkers koop,” sê sy. “Bemarkingsmateriaal en plakkers word gratis aan deelnemende organisasies verskaf en hulle betaal vir die plakkers nadat hulle die geld ingesamel het.” Die projek behoort aan en word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word deur die Edcongroep geborg. Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien hulle so die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdhede.

Gansbaai Toerisme kan by 028-384-1439 vir meer inligting en plakkers teen R10 geskakel word.

Hardus Botha

Loslit Innie Lente

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles