Mostert na die Maal

Mostert na die Maal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is sowaar “mostert na die maal” wat betref die Gansbaai Elim Huis se bedanking aan Roman Bay Sea Farm. Collin Wallis van Roman Bay Sea Farm en sy span het kort ná  Mandeladag in gietende reën en met harde fisiese arbeid veel meer as hul 67 minute vir gemeenskapsdiens gedoen.

Hulle het Gansbaai Elim Huis besoek en besluit om ‘n veilige speel-area vir die kinders te skep. Eers is begin met die plant en verskuiwing van gras. Daarna was dit die aanbring en installering van parkie-speeltoerusting soos ‘n groot sandput, 2 swaaie, ‘n veilige buiteband-klimraam en 2 wipplanke. Dan het hulle ook ‘n muur met kinderhandjies beverf.

“Ek wil graag baie dankie sê aan Collin en sy span vir hul harde werk, asook aan die bestuur van Roman Bay Sea Farm vir die pragtige en welkome borgskap,” sê Joanne Swart van Elim. Gansbaai Elim Huis is in Kerkstraat 49, Gansbaai. Tans is daar 4 personeellede wat 21 kinders versorg. Joanne nooi belangstellendes uit om die Huis tydens besoekure (daagliks tussen 10:30 en 11:30) te besoek om hulself van die aktiwiteite en versorging van die kinders te vergewis.

Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis, of vir donasies, kan Joanne Swart in Elim by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.

Hardus Botha

Mostert na die Maal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles