Sporthoogtepunt - Interskole

Sporthoogtepunt - Interskole

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Een van Gansbaai se sporthoogtepunte van die jaar vind Saterdag plaas. Dit is die interskole-kragmetings tussen die Laerskool Gansbaai (Gansies) en die Laerskool De Villiers Graaff van Villiersdorp (Akkedissies). Hulle pak mekaar van 08h30 tot 14h05 in rugby en netbal op die skoolterrein. Dit is die agtste keer dat hierdie byeenkoms plaasvind. Vanjaar word die Laerskool Okkie Smuts van Stanford ook betrek met die deelname van vier netbalspanne en 'n rugbyspan. In die verlede is die interskole puik ondersteun deur ouers en ander belangstellendes, en vanjaar sal dit gewis weer die geval wees as die weer saamspeel. In die aanloop tot die groot dag word die tradisionele “big brag” vandag (Donderdag) gehou, waar die Gansies met liedjies en krete gees vang en die spelers aan ouers en ander gaste voorgestel word. 

Lede van die eerste rugby- en netbalspan ontvang spesiale pette van hul ouers. Mnr Eben van der Merwe, skoolhoof van Gansbaai Laerskool, het in sy verwelkomingsboodskap alle betrokkenes bedank vir hul bydraes tot hierdie besondere geleentheid,   spesifiek die hoofborg, Overberg Agri Versekering. Sy raad aan die Gansies is: “Geniet die dag, speel jou hart uit en stap van die veld/baan met trots.” Mnr C van Vuuren, skoolhoof van die Akkedissies, het op sy beurt die hoop uitgespreek dat sport en die sportmangees wat daarmee saamgaan, die groot wenners van die dag sal wees. Hy sê om deel te neem, is goed; om te wen, is beter; om dit te geniet, is die beste!

Die program is:

Netbal: 08h30: o.7B (LOS t GB), o.8B (LOS t DVG), o.10B (GB t DVG), o.11C (LOS t GB); 08h55: o.8A, o.9B, o.11B; 09h20: o.7A, o.12B (LOS t DVG), o.13B; 09h45: o.10A, o.11A; 10h10: o.9A, o.12A; 11h45:

Voorstelling van o.13A-netbalspanne; 12h00 – 12h45: o.13A. Rugby: 08h30: o.7; 09h00: o.8; 09h30: o.11B (LOS t DVG); 10h15: o.9; 10h40: o.11A; 13h00:

Voorstelling van o.13-rugbyspanne; 13h15 – 14h05: o.13A.

Gerrit Cloete

Sporthoogtepunt - Interskole

Gerrit Cloete

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles