Perlemoenplase staan saam

Perlemoenplase staan saam

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Besigheid is besigheid en elkeen vir homself. Miskien is dit waar, maar in die geval van Gansbaai se Perlemoenplase het hulle bewys hoe selfs besighede, wat in kompetisie met mekaar staan, wonderlik tot voordeel van die gemeenskap kan saamwerk.

Die onderskeie Perlemoenplase het Gansbaai Primêr se eerste rugbyspan, die o/13A’s volledig met pette, truie, baadjies en sportsakke (20 van elke item) toegerus. Die items is op Vrydag, 21 Augustus 2015 aan die spelers oorhandig, met die skoolhoof, Tommy Volkwyn en die afrigter, Hilton Temmers wat dankbaar teenwoordig was.

Die verteenwoordigers van die Perlemoenplase was: Dirkie Kotze en Steyn Miller van Irvin & Johnson (pette en baadjies); Stephen Ashlin van  Aqunion Romansbaai (sportsakke); JP Coetzer en Natassia Valentine van   Premier Fishing (truie).

“Baie dankie aan Natassia, wie se seun een van die spelers is, wat hierdie borgskap geïnisieer het, maar veral ‘n groot dankie aan al drie ons Perlemoenplase wat sonder huiwering hulle volle samewerking gegee het om die gedagte te laat realiseer,” het die skoolhoof, Tommy Volkwyn gesê.

“Hierdie is ook ‘n ideale geleentheid vir ons om die belangrikheid van die bewaring van perlemoen, die noodsaaklikheid van die Perlemoenplase en die gevare van onwettige handel in perlemoen wat met geld en dwelms gepaardgaan, aan die kinders uit te wys.” Tommy het die verteenwoordigers ook uitgenooi om te enigetyd om bewyse te kom vra presies wat met alle gewaardeerde borgskappe gebeur sodat hulle eerstehands kan ervaar dat elke borgskap te alle tye ten volle benut word.

Vir Gansbaai Courant was dit ‘n riem onder die hart om te sien hoe drie groot kompeterende besighede saamstaan en saam lag en skerts tydens ‘n geleentheid wat vir die o/13A’s van Gansbaai Primêr ‘n baie spesiale en trotse geleentheid was.

Hardus Botha

Perlemoenplase staan saam

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles