Laerskool Gansbaai Presteer

Laerskool Gansbaai Presteer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Gansbaai leer-ders het vereens bewys wat in hulle steek met prestasies in Eisteddfod, Astroquiz-gansies en Spelling Tweet kompetisies.  

Eisteddfod

Laerskool Gansbaai se deelname aan die Beeldende Kunsafdeling van die Overberg Eisteddfod in Kleinmond op Vrydag, 21 Augustus 2015, het vir pragtige prestasies gesorg. “Die Gr 1 tot Gr 7-leerders wat deelgeneem het, het baie goed gevaar en pragtig geteken,” sê Vickie Cilliers, Eisteddfod Koördineerder.

“Hulle het 4 Cum Laude, 13 Goud- en 32 Silwer sertifikate verwerf en ons is baie trots op hulle!” Sy bedank graag al die ouers, asook Heidi Chivell wat met die vervoer van die leerders na Kleinmond gehelp het. “Baie geluk aan Tiaan Fourie (Gr 2) en Werner van Zyl (Gr 7) wat onderskeidelik in die Junior- en Seniorafdeling as die algehele wenners aangewys is,” sê Vickie. “Dit is die eerste keer dat ons skool altwee plekke in hierdie kategorie van die Overberg Eisteddfod losslaan - welgedaan julle!” Sy sê hierdie twee leerders se kunswerke is by die OAK Konsert wat op Woensdag, 2    September 2015 plaas gevind het, uitgestal. Hulle sou ook hul medaljes tydens dié spoggeleentheid ontvang het.

Astroquiz-gansies

Baie geluk aan die Astroquiz-gansies wat op Vrydag, 28   Augustus 2015 aan rondtes 3 en 4 by die Suid-Afrikaanse Astronomie Observatorium (SAAO) in Observatory, Kaapstad deelgeneem het. Hulle het tot by rondte 4 gevorder, maar daar uitgeval. “Ons is steeds baie trots op julle!”

Spelling Tweet

Leerders van Laerskool Gansbaai het op Dinsdag, 25 Augustus 2015 aan die Overberg Distrik se Spelling Tweet-kompetisie by Zwelihle Primêre Skool deelgeneem. Sowat 22 laerskole het aan die Spelling Tweet deelgeneem. Uit ‘n moontlike sewe 1ste plekke by dié kompetisie, het Laerskool Gansbaai se leerders vyf 1ste plekke behaal. Hulle neem weer op 10 September 2015 aan die volgende kompetisie deel. “Baie geluk aan almal wat deelgeneem het - julle is tops!”

Hardus Botha

Laerskool Gansbaai Presteer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles