Wynproegilde se Brandewynproe

Wynproegilde se Brandewynproe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hoe deurmekaar dit ookal mag klink, dit bly ‘n feit dat   Gansbaai Wynproegilde se lede en gaste ‘n Brandewynproe-aand beleef het. Dit was weer tyd vir ‘n gesellige aand van Gansbaai Wynproegilde in die Great White House in Kleinbaai.

Voorsitter Theuns Roodman het die nodige verwelkoming en reëlings hanteer, waarna Smartie Genade die aanbieder van die aand, dr Caroline Snyman (PhD CWM), voorgestel het. Caroline is ‘n Chemiese Ingenieur van Distell en Besigheidsdirekteur: Spiritualieë, met ‘n duidelike passie vir brandewyn. “Brandy is the soul of the wine that its made off,” het sy gesê en bygevoeg dat slegs die beste wyne as  basis vir goeie brandewyn gebruik word. Sy het ook gesê dat 5 liter goeie wyn vir die maak van 1 liter brandewyn gebruik word.

Die 6 brandewyne wat te proe aangebied is, was Flight of the Fish Eagle, Oude Meester, Richelieu, Klipdrift Gold, Oude Meester (reserved) en Van Ryn’s, met ‘n goeie balans en wat as die mees bekroonde brandewyn beskou word. Theuns het Libbet Genade nadergeroep vir die gebruiklike oorhandiging van ‘n blyk van waardering aan Caroline. Derek Lowe, die Great White House se sjef, het gesorg vir ‘n uitstekende ete met “mustard coated beef” en bykosse, asook ‘n smullekker sjokolade nagereg. Daar is tot laataand saamgekuier en gesellig verkeer, met die waarneming dat brandewyn se alkohol nie verniet oor 38% is nie. Daar is dus ‘n bietjie harder gepraat as met die gebruiklike wynproeëry met ‘n  heelwat laer alkoholinhoud.

Vir navrae rakende Gansbaai Wynproegilde kan Amanda de Vries by 028-388-0708 of 082-577-6920 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@franskraalbandb.co.za.

Hardus Botha

Wynproegilde se Brandewynproe

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles