Huldeblyk vir Manie Groenewald

Huldeblyk vir Manie Groenewald

Gansbaai Courant

Manie Marais Groenewald (78), alias Manie Groenboontjie, is op 20 Augustus 2015 in sy woning te Baardskeerdersbos oorlede nadat hy gedurende die eerste helfte van Julie met ‘n kwaadaardige gewas op die brein en ander kanker gediagnoseer is. Sy afsterwe as ‘n ware  legende op die gebied van boeremusiek laat ‘n baie groot leemte in die gemeenskap, asook landswyd. Manie is op 11 Maart 1937 in Baard-skeerdersbos gebore, waar hy eintlik maar sy volle lewe deurgebring het - dus ‘n “deur-en-deur” B’Bosser. Sy ouers was wyle Danie en Ester Groenewald. Manie het ‘n broer, JP Groenewald van Jakobsbaai en ‘n suster, Rhona Swart, van die Paarl. Manie en sy eggenote, Mara (81) het mekaar tydens ‘n dans in die Paarl ontmoet en is op 10 Desember 1960 in die huwelik bevestig. Daar is 2 kinders, Danie Groenewald (getroud met Rusty) en Wilmien (getroud met Danie Fourie), met Manie wat met 3 kleinkinders, JC Fourie, Manie Groenewald en Mari Groenewald geseënd was, asook ‘n agterkleinkind, Ryno Fourie. Manie se beroepsjare het in die destydse Suidwes-Afrika (Namibië) begin toe hy in 1954 begin “trol” het. In 1984 het hy besluit hy is nou klaar met die see, maar hy het reeds gedurende 1982 al voltyds met ‘n melk-boerdery begin, “met Mara wat toesig oor die boerdery gehou het”. In 2008 het hy besluit om permanent af te tree. Reeds gedurende 1965 het hy die Mission Store in B’bos gekoop en in 1967 het hy die bekende winkel, Baardskeerdersbos Kontantwinkel in die hoofstraat gebou, wat steeds bedryf word. Tussendeur was hy ook by die Boerevereniging, die B’Bos NG-gemeente en sy boeremusiekorkeste betrokke. Manie se geliefkoosde stokperdjies was musiek, visvang, mekrami-werk en tuinmaak. ‘n Troosdiens is op Woensdag, 26 Augustus 2015 om 15:00 deur ds Dirk van Dyk in die Baardskeer-dersbos NG Kerkgebou gehou. Ds van Dyk het Manie se geliefkoosde Psalm 23:4 as tema vir sy boodskap gebruik.  

Die Orkesreus

Manie se “orkes-verhaal” is ‘n baie lang verhaal op sy eie. Reeds gedurende die sestigerjare het Manie en Willie de Villiers met orkes-dinge begin. Later het nog lede bygekom en die Strandveld Boere Orkes is gestig. Na ‘n kort tydperk van stilte het Manie weer ‘n orkes met ‘n paar lede gestig, die Pavement Specials. Later is die naam na die Baardskeerdersbos Orkes verander en nog later na hulle amptelike naam, die Baardskeerdersbos Boere Orkes, met Manie wat vir die kitaar en sang verantwoordelik was. ‘n Addisionele orkes is in 2008 op Manie se  inisiatief gestig: die Rummy Cub Orkes. “Dis nou die manne wat in die voorkamer musiek maak, terwyl die vrouens in die kombuis rummy cup speel,” het Manie destyds gesê. Wat Manie se sang betref, is daar twee liedere wat altyd groot applous tot gevolg gehad het: Skipskop (selfs met ‘n snik en trane oor die wange!) en Wie maak vir Gansbaai Lekker. Manie en sy manne het bykans met elke funksie-geleentheid oor al die jare heen musiek gemaak - ‘n boeremusiek-legende in alle opsigte. ‘n Huldeblyk vir Manie is ook verlede Saterdag in Willem Viljoen (wat ook die diens bygewoon het) van RSG se program, Vastrap, uitgesaai. Enkele CD’s van Manie en sy Manne het ook die lig   gesien: Gooi los, Strandveld jolyt, Kom sing en dans, Demmit maar dis lekker en nog een met ‘n “ouderdomsbeperking”. Nou-ja, eers was dit net twee manne wat vir ‘n bietjie “Strandveld-jolyt” wou sorg, toe kom die Strandveld Boere Orkes, die Pavement Specials, die Baardskeerdersbos Orkes, die Baardskeerdersbos Boere Orkes en die Rummy Cub Orkes, asook dames wat intussen bygekom het, asook CD’s - alles met Manie (Boontjie) Groenewald oral aan die spits van sake - wat meer kan mens van Manie sê?

Hardus Botha

Huldeblyk vir Manie Groenewald

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Golf Competition Results for 10 - 14 April 2024

Golf Competition Results for 10 - 14 April 2024

Golf Competition Results for 10 - 14 April 2024.

Gansbaai Golf Club
Panthera Africa's 9th Anniversary Fundraiser

Panthera Africa's 9th Anniversary Fundraiser

As Panthera Africa's 9th Anniversary Fundraiser draws near, we're reaching out to remind you to grab your tickets!

Durable crockery designed for high volume hospitality use!

Durable crockery designed for high volume hospitality use!

Our MAROLA range is used extensively in leading hotels and restaurants across Southern Africa.

Group Show Opening Event!

Group Show Opening Event!

Step into a world of creativity and imagination at the opening of our group exhibition during the Baardskeerdersbos Art Route 2024.

The Giant Periwinkle
Discover Artistry at The Giant Periwinkle!

Discover Artistry at The Giant Periwinkle!

Join us for a captivating group exhibition during the Baardskeerdersbos Art Route 2024, featuring a diverse lineup of talented artists. Immerse yourself in a showcase of creative expression at The Giant Periwinkle!

The Giant Periwinkle
New Cutlery Set In honour of World Parkinson's Day

New Cutlery Set In honour of World Parkinson's Day

In recognition of World Parkinson's Day, observed annually on April 11th. we are thrilled to highlight our new cutlery set!

See All Articles