Gansbaai Primêr se skoolhoof, Tommy Volkwyn, asook die adjunkhoof, Neil Pedro, het op Vrydag, 28 Augustus 2015 die Nasionale Onderwys Toekenningsgeleentheid bygewoon en altwee het as Distrikswenners met die louere weggestap. Tommy is met die trofee en sertifikaat vir “Uitmuntendheid in Laerskool Leierskap” beloon, met Neil wat met die trofee en sertifikaat vir “Uitmuntendheid in die gebruik van Tegnologie en die bevordering van Tegnologie in onderrig” beloon is.
Die twee trotse (en bekwame!) leiersfigure van Gansbaai Primêr sal nou op 6 November vanjaar as Distriksverteen-woordigers aan die Wes-Kaapse Provinsiale uitdunne deelneem. Sou hulle daar weer met die louere wegstap, sal hulle as Provinsiale Verteenwoordigers die Nasionale Toekenningsgeleentheid vir evaluering bywoon.
Hardus Botha