Gansbaai Gedenkboek

Gansbaai Gedenkboek

Gansbaai Courant

Tussen knipsels die volgende berig, 24 Oktober 1975.

Baie is al gesê en geskryf oor die skilderagtige dorpie, Gansbaai. Minder bekend is die feit dat hierdie vissersdorpie in die begin van die vorige eeu oor ʼn op-en-wakker sokkerspan beskik het.

Die knipsel is verweerd en die foto verbleik, maar die name van ʼn paar manne op die foto is wel duidelik aangedui. Jannie Swart, Magiel Groenewald, Hans Swart, Danie Groenewald en Magiel Otto, Flip van Dyk en Gert Swart.

Byskrif: Die foto is in die jaar 1910 geneem.

Is daar moontlik een van die lesers wat die foto het, of meer weet van dié sokkerspan?

Ons het die afgelope maande verskeie oproepe, persoonlike e-posse en versoeke deur die Courant gerig om asseblief kort inligting omtrent jou skool, kerk of organisasie aan ons te stuur. Mense het reageer, maar daar is nog groot leemtes in die hedendaagse geskiedenis. Baie kerke, organisasies, sportklubs en skole het geen terugvoering gestuur nie. Indien dit ons nie bereik het nie, bestaan jou organisasie nie in die boek nie.

Die boek is tans in die afrondingsfase en laaste bydraes kan nog tot einde September gestuur word.

Indien u wel gestuur het, baie dankie. Ons het ʼn vermoede dat die boek landwyd gelees gaan word. Gansbaai en omgewing is uniek, sy geskiedenis lees soos ʼn blitsverkoper en sy mense was nog altyd sy grootste bate.

sdfourie@telkomsa.net

0822558509

Gansbaai Gedenkboek

SD Fourie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles