Gansbaaiers vir Showville op TV

Gansbaaiers vir Showville op TV

Gansbaai Courant

Groot opgewondenheid (ingesluit benoude senuwees!) was op Saterdag, 5 September 2015 aan die orde van die dag in Laerskool Gansbaai se saal.

Dit was die aanwys van die wenner van SABC 2 se Showville-program in die vorm van ‘n verskeidenheidskonsert. Vier finaliste is gedurende die voorafgaande twee dae gekies. Hulle is deur die aanbieders van die program, Rob van Vuuren en Bontle Modiselle, afgerig en voorberei vir hulle spesifieke optredes tydens die finale aand.

Die finaliste was Paulfrid Goedeman (sang) en Sherie Jansen (sang), asook twee leerders van Gansbaai Academia, Ella-Maris Groenewald (Gr 12 - sang) en Steven Moss (Gr 11 - vuurtoertjies). Die wenner het ‘n kontrak geteken om nie sy/haar naam bekend te maak alvorens Gansbaai se deelnemers nie gebeeldsend is nie. Die wenner het ‘n pragtige trofee ontvang, asook R10,000 wat oorbetaal sal word sodra die Gansbaai-gedeelte van die program op SABC 2 gebeeldsend is. Ongelukkig was die neem van foto’s verbode tydens en ná die opname met die oog op die uitsendings wat eers later in die jaar volg.

Die wenner is by wyse van streng gekontroleerde stembriewe deur die gehoor aangewys. Mnr Tommy Wilson, skoolhoof van Gansbaai Academia is vooraf as Kommissaris van Ede aangewys en moes die stemme tel. “Die beheer was baie goed en ek moes die stemme met die kameras wat direk op my gefokus het, tel,” sê hy. “Ek was beïndruk met die stemme wat onbevooroordeeld uitgebring is.” Daarna moes mnr Wilson die wenner se naam in ‘n koevert plaas en aan die aanbieders oorhandig, met die wenner wat onder groot toejuiging aangekondig is. “Daar is wel ‘n wenner aangewys, maar al vier die finaliste word as wenners met hulle optredes beskou,” het Bontle gesê.

Die Showville-program fokus op plattelandse dorpe en kom neer op ‘n verskeidenheids- en talentkompetisie. Saterdagaand se opname van Gansbaai se deelnemers sal in die Showville-reeks op Saterdae om 20:00 vanaf 7 November 2015 gesien kan word.

Hardus Botha

Gansbaaiers vir Showville op TV

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

Updated Constitution - March 2024

Updated Constitution - March 2024

We are thrilled to announce the release of our updated Constitution for the Pearly Beach Ratepayers Association, effective March 2024. 

Luxe Travel Awards 2024

Luxe Travel Awards 2024

Over the past nine months, the Luxe Travel Award judges have traversed South Africa in pursuit of unparalleled hotel experiences.

Gans-Berg Nuus / News
Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Ooba's 7 Easy Steps to Own Your First Home

Feeling overwhelmed by the homebuying process?

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

Olive Harvest Success and Limited Edition Olive Oil

We're thrilled to announce that with the help of Elim Home Agriculture, we've had a successful olive harvest at Elim Home!

Elim Home
See All Articles