Gansbaaiers vir Showville op TV

Gansbaaiers vir Showville op TV

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Groot opgewondenheid (ingesluit benoude senuwees!) was op Saterdag, 5 September 2015 aan die orde van die dag in Laerskool Gansbaai se saal.

Dit was die aanwys van die wenner van SABC 2 se Showville-program in die vorm van ‘n verskeidenheidskonsert. Vier finaliste is gedurende die voorafgaande twee dae gekies. Hulle is deur die aanbieders van die program, Rob van Vuuren en Bontle Modiselle, afgerig en voorberei vir hulle spesifieke optredes tydens die finale aand.

Die finaliste was Paulfrid Goedeman (sang) en Sherie Jansen (sang), asook twee leerders van Gansbaai Academia, Ella-Maris Groenewald (Gr 12 - sang) en Steven Moss (Gr 11 - vuurtoertjies). Die wenner het ‘n kontrak geteken om nie sy/haar naam bekend te maak alvorens Gansbaai se deelnemers nie gebeeldsend is nie. Die wenner het ‘n pragtige trofee ontvang, asook R10,000 wat oorbetaal sal word sodra die Gansbaai-gedeelte van die program op SABC 2 gebeeldsend is. Ongelukkig was die neem van foto’s verbode tydens en ná die opname met die oog op die uitsendings wat eers later in die jaar volg.

Die wenner is by wyse van streng gekontroleerde stembriewe deur die gehoor aangewys. Mnr Tommy Wilson, skoolhoof van Gansbaai Academia is vooraf as Kommissaris van Ede aangewys en moes die stemme tel. “Die beheer was baie goed en ek moes die stemme met die kameras wat direk op my gefokus het, tel,” sê hy. “Ek was beïndruk met die stemme wat onbevooroordeeld uitgebring is.” Daarna moes mnr Wilson die wenner se naam in ‘n koevert plaas en aan die aanbieders oorhandig, met die wenner wat onder groot toejuiging aangekondig is. “Daar is wel ‘n wenner aangewys, maar al vier die finaliste word as wenners met hulle optredes beskou,” het Bontle gesê.

Die Showville-program fokus op plattelandse dorpe en kom neer op ‘n verskeidenheids- en talentkompetisie. Saterdagaand se opname van Gansbaai se deelnemers sal in die Showville-reeks op Saterdae om 20:00 vanaf 7 November 2015 gesien kan word.

Hardus Botha

Gansbaaiers vir Showville op TV

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles