Baie geluk aan Raadsheer Johan Nieuwoudt met sy aanstelling as Speaker van die Overberg Distriks Munisipaliteit.
Op ‘n Spesiale Raadsvergadering van die ODM wat op Maandag 31 Augustus 2015 plaasgevind het is Raadsheer Johan Nieuwoudt verkies tot Speaker van die ODM. Die pos het vakant geraak toe Raadsheer Danie du Toit aangestel is as Speaker by Theewaterskloof.
Raadsheer Nieuwoudt is ‘n gesoute politikus en hoewel ons nog ver van ons doelwitte vir die ODM is, is ons op die regte pad en met al sy ervaring sal hy beslis ‘n verskil maak.
Met die onmisbare rol wat Raadsheer Nieuwoudt in die gemeenskap en die ODM speel sal ons ons doelwitte makliker en gouer bereik. Om Speaker van ‘n Raad te wees is nie ‘n maklike taak nie, maar Raadsheer Nieuwoudt het al oor en oor bewys dat hy nie terugstaan vir uitdagings nie.
Burgemeester Lincoln de Bruyn, Raadslede en personeel van Overberg Distriksmunisipaliteit wens Raadsheer Johan Nieuwoudt alle sterkte toe met die belangrike taak wat vir hom voorlê.
Thea Nefdt