Wilfred se Dream Catcher

Wilfred se Dream Catcher

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons is in ‘n besigheid om mense se drome te bewaarheid,” is ‘n gereelde opmerking deur Wilfred Chivell van Dyer Island Conservation Trust (DICT).

“Toeriste kom van oral in die wêreld om na ons Suidelike Noorkapper walvis (Southern Right whale) en ons Groot withaaie (great white sharks) te kom kyk en dit is van uiterste belang dat hulle ‘n ‘WOW’-ervaring moet beleef.” Dit is dus byna vanselfsprekend dat Dyer Island Cruises se nuwe boot die naam Dream Catcher moes kry.

Hierdie pragtige 14m katamaran (tweerompskuit) is deur Veecraft in die Kaap ontwerp en gebou. Die boot het ‘n aluminium romp en is spesifiek vir eko-mariene en walvisbesigtigingsritte gebou. Sy kan 50 passasiers en 6 bemanningslede aanboord neem en is spesifiek vir veiligheid, gemak en stabiliteit ontwerp en sal uitstekend vaar in uiteenlopende weersomstandighede. Die boot se hoogte, met gerieflike uitkyk-dekspasie, bied uitstekende fotografiese moontlikhede aan die toeris. Dit is ‘n ruim boot met voldoende spasie, asook twee toilette en veilige afskortings (cubicles) vir gaste se persoonlike besittings.

Dream Catcher is powered by four large four-stroke 250 hp Yamaha outboard engines, and is equipped with the best electronic equipment to navigate the area. She is similar in look to the sister company, Marine Dynamics’ boat Slashfin. The public address system for the marine biologist tour guide will ensure no one misses any exciting facts about our whales and other species in the area. “Dream Catcher is tans in Gansbaai hawe vir geringe afrondingswerkies en sal eersdaags op see wees,” sê Wilfred.

Naas vele ander bewaringsinisiatiewe, is die mees onlangse “droom” van Wilfred wat bewaarheid is, die opening van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) op 26 Februarie 2015 vanjaar langs die Kleinbaaipad. Die APSS is elke dag van die week vanaf 09:00 tot 16:00 oop vir gratis besoeke, met ‘n vrywillige donasie wat gegee kan word. Inwoners en besoekers kan gerus ‘n draai gaan maak.

Onthou ook van die Pikkewyn Reddingslyn se kontaknommer: 072-598-7117.

Hardus Botha

Wilfred se Dream Catcher

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

HOME AFFAIRS DATES FOR MAY 2026

The Department of Home Affairs Mobile Unit will be in the Overstrand during May 2026.

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP Brings Art to Life at Living Wetlands Festival, Groeneweide

GGAP had a gorgeous day at Groeneweide on 1 May!

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

R3,375,000: 2 Bedroom House For Sale in Perlemoenbaai

Perfectly positioned within walking distance of the sea and less than 1km from the heart of Gansbaai...

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

The Hidden Pattern Behind Belonging and Self-Worth

There is a pattern many don’t recognise while they’re in it.

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Maandfunksie en Prysuitdeling - 16 Mei 2026!

Kom geniet ’n aand van lekker kos, goeie musiek en vriendskap by Birkenhead Boot Klub!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Laerskool Gansbaai vier 120 Jaar!

Kom vier saam met ons by ons spesiale Gholfdag, ’n dag van pret, samewerking en skooltrots!

Laerskool Gansbaai
See All Articles