Só naby...en tog só vêr!

Só naby...en tog só vêr!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad.” (Ps. 119:105)

Daagliks kry ek te doen met mense wat moedeloos is oor die tye waarin ons leef, of mense wat rondloop en kla hoe swaar dit gaan. Orals in die wêreld is daar haat en oorlog aan die gang en van vrede op aarde is daar maar min ter sprake. Dit klink vir my asof die Prediker reg was toe hy gesê het: “Alles is tevergeefs!” (Lees die boek Prediker.) Gelukkig kuier ek toe vanoggend by ’n ou tannie wat amper nie meer kan loop soos die rumatiek haar kromgetrek het nie. Toe ek haar vra hoe dit gaan is haar woorde: “Ek het Jesus in my hart en Sy Woord op my lippe! Sy Woord is die lamp wat vir my die weg wys, die lig op my pad! Ek lees elke dag GOD se Woord om my te versterk, my Kind!”

Net daar het ek gaan stilstaan en besef: GOD se Woord is só naby aan ons om ons te versterk en te bemoedig vir elke moontlike situasie wat ons mag beleef – en tog só vêr omdat ons dit nie lees en wil luister wat Hy van ons vra nie! Het Jesus nie self gesê dat ons van Hom die Lewende Water moet kom drink nie? (Joh. 4:10) As jy jou huis op Sy Woord bou sal niks jou ooit kan ontstel of van balans afruk nie! “Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met 'n verstandige man wat sy huis op rots gebou het.” (Mat 7:24) En watter groter troos het ons nie as Jesus sê: “Dít verseker Ek julle: As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.” (Joh 8:51)  Lees vir ’n slag die hele Psalm 119 deur en sien raak hoe daar, met uitsondering van een vers,  in elkeen van die 176 verse verwys word na GOD se woord (Sy wet) wat ons lewe moet bepaal. Ons moet bereid wees om GOD se Woord in ons hand te neem en daaruit te lees en strome van lewende water sal deur ons gees, siel en liggaam vloei! (Joh. 7:38) Dit help nie ons kinders kan al die wêreldse wyshede op Google ontdek maar hulle het nog nie Jesus en Sy Woord leer ken nie! Hulle geluk, ons toekoms en wêreldvrede kan net op een manier ontdek word: In GOD se Woord.

Die Bybel is ons ewigdurende lig – wat nooit deur ’n kragonderbreking (of loadshedding!) gestop kan word nie. Daarvoor sal GOD sorg! Hoe gaan ons dit regkry om ons kinders op die regte pad te hou? Psalm 119:9 gee die antwoord: “Hoe kan ’n jongmens sy lewe skoon hou? Deur dit te hou aan U Woord.”

Mag ek by jou pleit: Moenie jou Bybel daar vêr op die bedkassie of selfs binne-in ’n laai laat stof opgaar nie. Maak dit elke dag oop en lees daaruit. Dis jou beste belegging ooit!

Só naby...en tog só vêr!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

October is Breast Cancer Awareness Month

October is Breast Cancer Awareness Month

At Pam Golding Properties Gansbaai, we believe in building strong foundations in our homes...

See All Articles