Miljoene vir Gansbaai Hawe

Miljoene vir Gansbaai Hawe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die Departement van Publieke Werke (DPW) het verlede week aangekondig dat daar beoog word om Gansbaai Hawe en dié van Hermanus teen onderskeidelik R25,3 miljoen en R23,35 miljoen op te gradeer.

Hermanus se Nuwe Hawe sal verander word tot 'n toerisme naaf.  In Gansbaai word beoog om die tradisionele visverwer-kingsfasiliteite te verskuif na die Nuwe Hawe ten einde die tradisionele kleinskaal-vissers en toerisme in die Ou Hawe te akkommodeer. Daar word onder andere beoog om 'n drywende vasmeerkaai vir seiljagte voor die Birkenhead Bootklub te plaas. Of dit beteken dat Gansbaai Marine se Visfabriek, Overberg Commercial, Abalone Divers Limited, Ichtus- en Dyer Island Vissery na die Nuwe Hawe verskuif moet word, is onseker. Verteenwoordigers van Gansbaai se hawegebruikers het Saterdag, 29 Augustus 2015, op kort kennisgewing 'n vergadering in Kaapstad bygewoon. Dit hou verband met die Nasionale regering se Phakisa Projek wat hom ten doel stel om Suid-Afrika se hawens ekonomie te ontwikkel. Twaalf kleinboot vishawens gaan in die Wes-Kaap teen 'n bedrag van R400 miljoen in die boekjare 2015 tot 2017/2018 opgradeer word om hul ekonomiese potensiaal te ontsluit.  Verskeie Nasionale departemente insluitend die DPW, die Department van Omgewingsake (DEA) en die Departement van Landbou, Vissery en Bosbou (DAFF) is betrokke.

Overstrand Munisipaliteit se Uitvoerende Burgemeester, Nicolette Botha-Guthrie, het Maandag gesê sy neem kennis van die vergadering wat in Kaapstad gehou is maar dat die betrokke staatsdepartemente eers op 21/22 September 'n voorlegging aan die Munisipaliteit sal maak. "Op hierdie stadium is ek nie volledig ingelig oor wat hulle beoog nie en sal eers na die inligtingsvergadering kommentaar kan lewer." Sy glo soos Alan Winde, Minister van Ekonomiese Geleenthede in die Wes-Kaap, dat kleinboothawens onder die beheer van plaaslike regering (munisipaliteite) moet wees. Sy het egter bygevoeg dat die antwoord moontlik lê in samewerkende bestuur en dat verdere besprekings met alle rolspelers moet plaasvind om duidelikheid te verseker oor elkeen se rol en verantwoordelikhede. "Ons hawens het 'n reuse potensiaal vir beide kommersiële en toerisme bedrywighede," het Botha-Guthrie gesê.

Volgens voorleggings wat in Kaapstad gemaak is wil dit voorkom of die besige Kleinbaai Hawe glad nie deel van hierdie beoogde opgraderings vorm nie. Dié hawe is reeds weens die Haai- en Walvisbesigtigingstoere 'n toerisme naaf en 'n belangrike lanseerhawe vir klein vissersbote.

Francois de Jongh

Miljoene vir Gansbaai Hawe

Francois de Jongh

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles