Academia en Okkie Smuts kry Afri-Bome

Academia en Okkie Smuts kry Afri-Bome

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Laerskool Okkie Smuts in Stanford spog met nuwe bome as gevolg van AfriForum se nuwe inisiatief in die Overstrand. “Overstrand AfriForumtak vat vanjaar hande met Whale Coast Conservation en ons verskaf aan hulle die kompos, beenmeel en dies meer vir boomplantmaand,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter: Overstrand AfriForum.

“AfriForum het sy nuwe inisiatief, Boomplantmaand, op Dinsdag, 1 September 2015 bekendgestel om die belangrikheid van bome en hulle erfenis te benadruk.” Vanjaar fokus hulle op die volgende boomspesies: Bosvaderlandswilg / Forest Bushwillow (Combretum krausii) en die Wildepieterseliebos / Parsley tree (Heteromorpha arborescens). Riaan Conradie van Gansbaai AfriForum het ‘n soortgelyke boomplant-geleentheid by Gansbaai Academia gereël. Volgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, is die inisiatief ʼn vars briesie wat deur die land gaan waai.

“Mense regoor Suid-Afrika vier lenteweek gewoonlik gedurende die eerste week van September - AfriForum wil egter die hele Septembermaand aan bome toewy,” het Kleynhans gesê. 130 AfriForum-takke landswyd gaan meer as 1,000 bome deur die verloop van die maand plant. Die takke gaan verskeie besighede, gemeenskappe en skole besoek om oor die belangrikheid van bome te praat, terwyl uitheemse uitwissingsprojekte ook geloods gaan word.

‘n Onlangse studie in New York het bewys dat die toevoeging van ‘n addisionele 343 bome/km² die tempo van asma met tot soveel as 24% - 29% verlaag by kinders tussen die ouderdomme van 4 en 5 (Lovasi et al, 2008). Navrae rakende Overstrand AfriForum kan aan Elmarie van Dalen by 079-366-1000 gerig word. 

Hardus Botha

Academia en Okkie Smuts kry Afri-Bome

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles